Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nuwe wending in WP se Moerat-saak

Junaid Moerat, voorlopig geskorste lid van die Westelike Provinsie-rugbyunie (WPRU) se uitvoerende komitee, het met ’n hofaansoek geslaag om die tugstappe teen hom vir eers gestaak te kry.

Junaid Moerat Foto: Argief

Donderdag se wending in die hooggeregshof in Kaapstad is egter nog nie die einde van die geveg nie. Moerat se aansoek dat die WPRU se stappe teen hom onwettig verklaar en ter syde gestel moet word, sal eers op 26 Augustus in die hof op die spits gedryf word.

Die WPRU se interne saak teen hom is dus vir nou op ys, maar sal hervat mag word indien Moerat se aansoek onsuksesvol is.

Moerat word daarvan beskuldig dat hy inligting aan die media oor ’n moontlike vennootskap tussen die WPRU en die Franse klub Stade Francais uitgelek het. Hy ontken skuld.

Stade Francais het intussen laat blyk dat hy nie daarin belangstel om sake met die WPRU te doen nie. Die voorgenome transaksie was die geesteskind van Tony McKeever, voormalige uitvoerende hoof van die Southern Spears.

Zelt Marais, president van die WPRU, het Vrydag in ’n geskrewe antwoord op ’n versoek om kommentaar aan Netwerk24 gesê hy glo die unie sal die hofsaak wen.

“As ’n unie is ons natuurlik baie teleurgesteld oor gister (Donderdag) se verwikkelinge,” sê Marais.

“Ons is teleurgesteld, want mnr. Moerat se hofaansoek om die tugstappe teen hom gestaak te kry en die grondigheid van die unie se dissiplinêre prosesse uit te daag, bring weer eens ’n vertraging in die prosesse mee. Terwyl ons gepoog het om mnr. Moerat se dissiplinêre verrigtinge so gou as moontlik intern afgehandel te kry, word ons nou eerder hof toe gesleep om mnr. Moerat se aansoek die hoof te bied.”Marais gee egter nie moed op nie.

“Ons is vol vertroue dat sodra al die feite bekend raak, die hof ons interne tugprosesse sal vindikeer en dat ons mettertyd die tugprosedures teen mnr. Moerat sal kan finaliseer.”

Moerat is op 17 Februarie hangende ’n tugverhoor geskors. Die kennisgewing is glo op hom bedien terwyl hy hom verskoon het van ’n direksievergadering waar sy salaris as waarnemende uitvoerende hoof van die WPRU se sakevleuel bespreek sou word.

Meer oor:  Tugstappe  |  Westelike Provinsie  |  Wpru  |  Skorsing  |  Junaid Moerat  |  Hooggeregshof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.