Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nuwe WP-baas ‘verdien’ ondersteuning

Bied aan Ruben Machelm, die waarnemende uitvoerende hoof van die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) se sakevleuel, die ondersteuning wat hy verdien.

Dít is die pleidooi van Ebrahim Rasool, voorsitter van die sakevleuel, naamlik Western Province Professional Rugby (WPPR), wat daarop wys dat die 59-jarige Machelm deeglik gekwalifiseer is om sy pligte uit te voer.

Ruben Machelm, wat nou waarneem as uitvoerende hoof van die WP Rugbyunie se sakevleuel.

“Ek verwelkom mnr. Machelm se aanstelling en vra die media en publiek om hom te beoordeel op grond van sy ervaring, prestasies, bekwaamheid en kwalifikasies,” sê Rasool.

Die sakevleuel voer in ’n nuusverklaring aan dat Machelm ’n “kritieke administratiewe rol vervul met die oog op die toernooie wat voorlê, die stadionskuif en dagtake wat uitgevoer moet word in afwagting op die normalisering (van rugbybedrywighede) ná Covid-19, wanneer dit ook al mag wees”.

Machelm, wat die rol van die president (Zelt Marais) se uitvoerende assistent by die WPRU vervul, is deur die unie gesekondeer om die take van die uitvoerende hoof deeltyds te behartig.

Sy benoeming is deur WPPR aanvaar op die voorwaarde dat Machelm uitsluitlik aan die sakevleuel verantwoording doen. Gevolglik doen hy nie regstreeks aan Marais verslag nie. Marais is wel 'n direkteur van die sakevleuel.

Ebrahim, voorsitter van die WP Rugbyunie se sakevleuel. Foto: Gallo Images

Wat Machelm se kwalifikasies betref, sê WPPR hy is beïndruk deur sy “lang betrokkenheid in sport, ervaring in rugby en, veral belangrik, sy MBA-kwalifikasie”.

Machelm se aanstelling volg op die skorsing uit die WPRU se uitvoerende komitee, hangende ’n tugverhoor, van Junaid Moerat, wat aanvanklik vir die pos oorweeg is.

Daar word beweer dat Moerat inligting aan die media uitgelek het – glo oor ’n moontlike samewerkingsooreenkoms tussen die WPRU en die Franse klub Stade Francais. Sy tugverhoor is al twee keer uitgestel.

Tony McKeever, die voormalige uitvoerende hoof van die Southern Spears, het onlangs aan Netwerk24 bevestig dat die Stade Francais-inisiatief syne is. Hy het ook sy naam in die hoed gegooi vir die pos van WPPR se uitvoerende hoof.

Dat die kwessie van die aanstelling van ’n uitvoerende hoof uiteindelik rigting kry, is verblydend, want die vorige een, Paul Zacks, het reeds vroeg in 2020 die tuig neergelê.

Zacks was wel die uitvoerende hoof van sowel die WPRU en WPPR. Die sakevleuel het in Desember aangekondig dat daar ’n aanstelling van ’n uitvoerende hoof gaan wees wat uitsluitlik aan hom verslag doen.

Meer oor:  Investec  |  Wpru  |  Zelt Marais  |  Mvm Holdings  |  Anc  |  Ebrahim Rasool  |  Nuweland  |  Flyt  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.