Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nuweland kry miskien tóg sy swanesang

Suid-Afrika se spelers en ondersteuners kry dalk tog die kans om Nuweland as een van die land se oudste en bekendste rugby-bakens te groet.

Die Nuweland-rugbystadion in Kaapstad. Foto: Gallo

Met die ontwrigting van die Covid-19-pandemie het dit gelyk of Nuweland sonder seremonie of ’n koebaai gesloop sal word nadat die WP-unie besluit het om die terrein in vennootskap met Dreamworld in ’n nuwe gedaante te herontwikkel.

SA Rugby oorweeg egter Kaapstad as een van drie sentrums vir sy bio-borrel wanneer rugby hervat met die speel van die Curriebeker-reeks. Johannesburg en Durban is die ander twee stede wat geoormerk is vir die bio-borrel.

Net as geeneen van dié drie stede geskik is nie, sal Nelspruit in die prentjie kom.

Bloemfontein is aanvanklik oorweeg, maar is weens die infrastruktuur nie meer ’n opsie nie.

Zelt Marais, die WP se president, sê dit sal ’n “Godgestuurde geskenk” aan Nuweland wees.

“Veral omdat ons die grootste bydrae onder al die franchises gelewer het om te verseker ons kan die Wêreldbeker in 2019 wen,” het Marais aan Brenden Nel gesê.

Dit is ’n uitgemaakte saak dat die Stormers en die Westelike Provinsie later vanjaar afskeid sal neem van die ikoniese stadion en hul tuisveld na die Kaapstad-stadion in Groenpunt sal skuif.

“Kaapstad word as ’n goeie opsie beskou omdat sy lughawe oop is, hy verby die piek van die Covid-pandemie is en die stad se infrastruktuur goed is,” het ’n ingeligte gesê.

Al kan dit miljoene per span kos vir verblyf, vlugte, spanbusse en etes vir die Premierliga se dubbelronde in ’n bio-borrel, blyk dit tans die gunstiger opsie te wees in die huidige buitengewone toestande as die gebruiklike tuis- en wegwedstryde.

Besparings met ’n bio-borrel kan onder meer mediese en arbeidskoste soos sekerheid insluit.

SA Rugby se finale besluit oor ’n bio-borrel sal aan die goedkeuring van die regering onderworpe wees.

’n Besluit word nie voor oor twee weke verwag nie omdat die regering tans nog oor sekere aspekte vir die terugkeer van kontaksportsoorte besluit.

Daar word steeds gehoop dat die Curriebeker se Premierliga op 29 Augustus sal kan begin, maar dit kan tot in September uitgestel word. Die verwagting is dat die reeks aanvanklik sonder toeskouers gespeel sal word.

Meer oor:  Bio-Borrel  |  Sa Rugby  |  Curriebekerreeks  |  Covid-19  |  Nuweland  |  Saru
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.