Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nuweland groet met ‘Bok-proewe’
Nuweland sal op 3 Oktober sy afskeidspartytjie kry wanneer twee Bokspanne – Groen en Goud – mekaar aandurf. Foto: Gallo Images

Nuweland sal op 3 Oktober ’n gepaste afskeidspartytjie kry wanneer twee “Springbok-spanne” teen mekaar te staan kom.

Dié twee spanne – “Groen” en “Goud” – sal uit ’n uitverkore groep van 60 spelers gekies word en die Bok-hulpafrigters Mzwandile Stick en Deon Davids sal onderskeidelik die afrigters wees.

Hulle sal op ’n regstreekse SuperSport-uitsending om die beurt spelers kan kies om hulle groepe van 25 spelers saam te stel.

Jacques Nienaber, die Springbokke se nuwe breier. Foto: Getty Images

Jacques Nienaber, die Springbok-afrigter, en Rassie Erasmus, direkteur van rugby, sal die onderskeie spanne se “kommissarisse” wees, het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) Woensdag aangekondig.

Springbokke wat vir oorsese klubs speel, sal nie in dié wedstryd betrokke wees nie.

Die Saterdag voor die ontmoeting in Kaapstad (26 September), sal die vier Superrugby-spanne op Loftus Versfeld met ’n “Superfan-Saterdag” die plaaslike seisoen hervat.

Die Bulle en die Haaie sal in die “hoofwedstryd” speel nadat die Leeus en die Stormers teen mekaar te staan gekom het.

’n Plaaslike kompetisie, waarskynlik die Curriebeker-reeks oor ’n dubbelronde, sal op 10 Oktober begin. Die eindstryd sal op 23 Januarie 2021 wees.

Saru het intussen gesê hy kan nog nie bevestig of die Bokke aan die Rugbykampioenskap sal deelneem nie, hoewel die hoop uitgespreek word dat hulle wel nog vanjaar sal kan speel.

Meer oor:  Jacques Nienaber  |  Kaapstad  |  Nuweland  |  Rugby  |  Groen En Goud  |  Afskeid  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.