Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nuweland: Nog niks verder oor stadionskuif

’n Aankondiging dat Saterdag se rugbytoets teen Engeland Suid-Afrika se laaste op Nuweland gaan wees, sal nie vandeesweek gedoen word nie.

Thelo Wakefield. Foto: Gallo Images

Thelo Wakefield, die WP-rugbyunie (WPRU) se president, het dié versekering Maandag gegee nadat Rapport berig het dat daar voor Saterdag se derde kragmeting met die Rose ’n aankondiging gedoen gaan word dat die WP Kaapstad-stadion toe skuif.

“Daar moet met die klubs gepraat word voordat enigiets as ’n feit gestel kan word. Ek doen verantwoording aan die (unie se) hoofraad en sal daardie reël ten alle tye respekteer,” sê Wakefield.

Louw Visagie, waarnemende uitvoerende hoof van die Kaapstad-stadion, het op sy beurt ook gesê dat die kar voor die perde ingespan word.

“Indien daar ’n ooreenkoms met die WPRU onderteken word, sal dit eers deur die Kaapstad-metroraad goedgekeur moet word. Daardie goedkeuring is nog nie gegee nie en ons kan ook nie die uitkoms vooruitloop nie,” het Louw by navraag aan Jana Breytenbach gesê.

Wakefield het wel in Oktober verlede jaar gesê dat die WP gereed is om Nuweland vaarwel toe te roep. Volgens hom was dit ’n “sakebesluit” en het hy het toe gesê dis “onafwendbaar” dat die WP gaan skuif.

Vir die WP maak dit ook sin om so gou moontlik te skuif. Daar moet baie instandhoudingswerk aan Nuweland gedoen word en dit kos hom R8 miljoen om wedstryde jaarliks daar aan te bied. Die grasoppervlak sal ook teen ’n koste van R19 miljoen vervang moet word indien hy nie skuif nie.

Meer oor:  Thelo Wakefield  |  Wpru  |  Kaapstad-Stadion  |  Nuweland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.