Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nuweland: Sandkasteel-transaksie?

Zelt Marais, die president van WP Rugby, glo sy unie sal ’n lening van R112 miljoen kan terugbetaal, selfs al sal daar waarskynlik eers oor sewe jaar geld na die WP vloei uit die winste van die ontwikkeling van die Nuweland-stadion.

Eiendomsontwikkelaars met wie Rapport die afgelope week oor die ontwikkelingstransaksie van die Nuweland-stadion tussen die WP en Dream World Investments, ’n maatskappy binne Flyt Property Investment, gepraat het, is deur die bank van mening dat die ontwikkel eers ná vyf tot sewe jaar wins sal kan maak. 

Marais het gister aan Rapport erken die WP is van dié moontlikheid bewus, maar glo tog die “voorgestelde transaksie is goed gestruktureer sodat die WP in staat sal wees om die lening te diens”. 

“Dit is waarom dit so belangrik is dat die leningsooreenkoms nie ’n alleenstaande ooreenkoms met ’n bank is nie,” sê Marais.

“Die onderhandelings is spesifiek só gedoen dat die ontwikkelingsopbrengs die lening kan diens. 

Zelt Marais op Nuweland se hoofpaviljoen. Foto: Gallo

“Die WP sal intussen kontant vanuit sy ander eiendomme en beleggings ontsluit om te verseker die lening is binne die volgende vier jaar afbetaal.”

Volgens die ooreenkoms wat WP met Dream World wil sluit, sal die rugbyunie op 50% van die jaarlikse wins uit die ontwikkeling geregtig wees.

Hierdie 50-50-verdeling van die wins is wat Marais-hulle in Dream World Investments se guns laat stem het, eerder as om met die ooreenkoms met Investec voort te gaan. 

“Volgens die voorgestelde transaksie met Flyt sal rente gekapitaliseer word en sal dan terugbetaal word uit die eerste opbrengs van die ontwikkeling,” sê Marais. 

“Die ontwikkeling sigself sal die unie help om die lening te diens.”

Ontwikkelaars krap egter kop oor hoe die WP sy lening van R142 miljoen (met rente) binne die ooreengekome vier jaar gaan terugbetaal as daar eers ná vyf tot sewe jaar winsverdeling gaan wees. 

Die WP gaan die lening van Dream World gebruik om sy skuld aan Remgro (R58 miljoen) en Investec (R50 miljoen) terug te betaal.

’n Belangrike rede waarom die ontwikkeling van Nuweland ’n lang proses kan wees, is die kompleksiteit wat die hersonering van die terrein.

Eiendomsontwikkelaars wys daarop dat die WP ’n ander inkomste sal moet vind om die lening te diens totdat die ontwikkeling ’n wins lewer.

Dit kom teen die agtergrond dat WP alreeds sy grootste inkomste teen volgende jaar gaan verloor met sy skuif na die Kaapstad-stadion. 

Dit sal help om ons finansies in die korttermyn te stabiliseer terwyl ontwikkelingsplanne onderweg is vir ons volhoubaarheid in die langer termyn.

Tans word die WPRU ’n huurbedrag deur die sakevleuel betaal vir die huur van Nuweland, maar as hulle na die Kaapstad-stadion trek, sal die huurbedrag aan dié stadion se eienaars betaal word. 

Die huur van Nuweland beloop sowat R14 miljoen ’n jaar en is nog vanjaar betaalbaar. Marais wou nie sê wat die huur by die Kaapstad-stadion gaan wees nie. 

Hulle kan ook nie van hul ander eiendomme ontwikkel vir ’n inkomste nie omdat dit alreeds aangebied is as sekuriteit vir die lening van Dream World.

Marais sê egter die WP het ’n onttrekkingsfasiliteit van R40 miljoen uit die Brookside-eiendom beding.  

“Dit sal help om ons finansies in die korttermyn te stabiliseer terwyl ontwikkelingsplanne onderweg is vir ons volhoubaarheid in die langer termyn,” sê Marais.

Die ontwikkelaars met wie Rapport gesels het, waarsku ook dat wins nie gewaarborg is nie.

Daar is ’n groot verskil om geld uit inkomste te kry en uit wins uit. Dit is amper onmoontlik om inkomste te manipuleer, maar met wins is dit moontlik.

“Jy moet jouself afvra, watter aansporing is daar vir die ontwikkelaars om ’n wins te maak. Hulle kry klaar geld uit die ontwikkeling deur geld wat aan hulle vir die bestuur van die ontwikkeling betaal word. Wins is mos relatief. As jy nie versigtig is nie, is daar allerlei verskuilde kostes wat aangeheg kan word en die wins kan so verminder word, of geen wins kan selfs verklaar word.”

Met die Investec-ooreenkoms sou WP gedeel het in 5% van die inkomste uit die ontwikkeling, het Rapport die afgelope week verneem. Daar is voorheen berig dat dit 5% van die wins is.

“Daar is ’n groot verskil om geld uit inkomste te kry en uit wins uit. Dit is amper onmoontlik om inkomste te manipuleer, maar met wins is dit moontlik.”

Dream World se hoof, Zane de Decker, het aan Rapport bevestig hulle sal ’n bestuursfooi vir die ontwikkeling vra.

Volgens ingeligtes is die standaardfooi 5% van die ontwikkelingskoste. Met De Decker wat die week Rapport se syfer van R2 miljard vir die ontwikkeling bevestig het, beloop so ’n fooi sowat R100 miljoen om die ontwikkeling te bestuur.

De Decker wou hom nie aan ’n tydstip bind wanneer inkomste verwag kan word nie, maar hou vol dat die WP in ’n beter posisie ná die ontwikkeling sal wees. 

“Ons streef daarna dat regte binne twee tot drie jaar goedgekeur moet word, met die konstruksie wat sal begin nadat al hierdie vereiste prosesse afgehandel is. Wanneer die ontwikkelingsregte verkry is, kan die konstruksie begin en sal die ekonomiese voordele daarna vloei.” 

Meer oor:  Zelt Marais  |  Rente  |  Nuweland  |  Eiendomsontwikkeling  |  Lening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.