Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nuwelinge glo OP kan net beter
Die OP-afrigter Peter de Villiers wys op die oefenveld dat hy nog al sy skrumskakelvaardighede het. Foto: Gallo

Die liederlike drag slae wat die rugbyspan van die Oostelike Provinsie ’n raps meer as ’n week gelede teen die Bulle gely het, het die deur vir ’n paar nuwelinge oopgemaak.

Peter de Villiers (hoofafrigter) sal sy span Maandag kies vir Woensdag se wedstryd in Gqeberha teen die Leeus en hy het gewaarsku dat hy die snoeiskêr gaan inlê.

Daar was ’n paar manne wat nie hul kans aangegryp het en die karakter waarna ek soek, uitgestal het nie.
Peter de Villiers

“Daar was ’n paar manne wat nie hul kans aangegryp het en die karakter waarna ek soek, uitgestal het nie,” het De Villiers ná die nederlaag van 10-87 gesê.

Hy het toe gewaarsku dat daar dalk net agt uit die 23 spelers wat teen die Bulle gespeel het in die groep vir die kragmeting met die Leeus gaan wees.

Die vurige haker Sithembiso Befile hoop om hierdie Woensdag in die OP se beginspan teen die Leeus te wees. Foto: Michael Green

’n Paar plaasvervangers het ’n bietjie gees teen die Bulle gewys en kon vir hulle plekke oopgespeel het.

Een van hulle is die 23-jarige Sithembiso Befile, wat as plaasvervanger vurig vertoon en die OP se enigste drie gedruk het.

“Al wat ek soek, is ’n kans om vir myself naam te maak. Daar is ’n groot hongerte in my om op die hoogste vlak te speel,” sê Befile.

Hy was in Uitenhage eers in Brandwag en later in Daniel Pienaar op hoërskool.

Hy het die OP as junior verteenwoordig en nou wil hy sy plek in die OP se senior span vasmessel.

“Ons kan net beter speel as teen die Bulle. Daardie was ons eerste wedstryd in ’n lang tyd en ek glo ons sal beter lyk teen die Leeus,” meen Befile.

Keanu Vers kan met sy ervaring dalk ’n bietjie meer kalmte na die OP se agterlyn bring. Foto: Michael Green

Die 25-jarige Keanu Vers, ’n veelsydige agterspeler, dink ook nie die OP sal teen die Leeus weer so uitmekaarval soos teen die Bulle nie.“My ambisie is om mense trots te maak op die OP. Dis vir my ’n eer om in die OP-trui te speel,” sê hy.

Vers is al die afgelope paar jaar ’n staatmaker op heelagter of vleuel vir die OP en het ook al ’n draai in Kimberley by Griekwas gemaak.

Hy was nie in die beginspan teen die Bulle nie en het as plaasvervanger nie die kans gehad om sy ontwykende dartellopies uit te stal nie.

Meer oor:  Peter De Villiers  |  Port Elizabeth  |  Op Olifante  |  Afrigter  |  Voorbereidingreeks  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.