Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
NWU glo sy doepa kan Ixias knak

In die rugbykamp van die Noordwes-Universiteit (NWU) is daar vertroue in die doepa wat gemeng word om die oorheersende agttal van die Ixias in dié twee spanne se maak-of-breek-kragmeting in die Varsitybeker-reeks te neutraliseer.

Die spanne pak mekaar Dinsdag in Pretoria om te bepaal wie tot die halfeindstryd sal deurdring. Vir die verloorder is dit tasse pak en huiswaarts keer.

Gustav du Rand duik oor vir een van sy drieë teen die Madibaz in April in Pretoria. Foto: Gallo Images

Die wenner kom Vrydag teen die Ikeys in die een halfeind te staan. In die ander halfeind, ook Vrydag, pak Maties en Tuks mekaar.

NWU én Ixias se voorspelers is dominerend, of dit nou in die skrums of met rolmaalbewegings is.

Die vraag is natuurlik watter een van die spanne se planne die beste is en dit op die dag die beste kan uitvoer.

“Ons is seker dat ons met die regte plan kan wen. Die stryd gaan voorlangs wees, met die agterspelers wat net sal moet afrond,” sê Gustav du Rand, haker van die Potchefstromers.

“Op die ou end dink ek die span wat die graagste wil wen, sal wen. Ons het al baie keer gekyk hoe die Ixias speel. Die Ixias is sterk in die skrums en hulle rolmaalbewegings is goed, maar hulle het nog nie teen ons gespeel nie.”

Hoe dominerend die NWU se rolmaalbewegings is, word duidelik geïllustreer deur die agt drieë wat Du Rand (22) reeds in vanjaar se reeks gedruk het. Die meeste daarvan was van rolmaalbewegings af.

Die Potchefstromers sal Cohen Jasper, heelagter van die Ixias, fyn moet dophou. Foto: Gallo Images

Maar Du Rand, ’n oudleerling aan die Westville Boys High School in KwaZulu-Natal, neem nie krediet daarvoor nie, “want ek is net die een agter die rolmaal”.

Hy en sy spanmaats is opgewonde oor die vooruitsig van ’n plek in die halfeind.

“Hier is baie ouens wat dink dit kan dalk hul laaste jaar van Varsitybeker wees omdat hulle volgende jaar te oud gaan wees. Hulle wil nie hê dat dit môre moet eindig nie, maar wil graag nog twee of drie wedstryde speel,” sê Du Rand.

Waar ondersteuners van die Noordwesters algemeen verwag dat hul span jaarliks die uitspeelrondes sal haal, betree die Ixias Dinsdag onbekende terrein. Die Bloemfonteinse span het tot dusver vanjaar ses van sy agt wedstryde gewen en in die proses met die hoogaangeskrewe Maties en Tuks afgereken.

Nog nooit was ’n plek in die uitspeelrondes die Ixias eens amper beskore nie.

Maar met durf, goeie afrigting en ’n wedstrydwenner soos Cohen Jasper (heelagter) in sy geledere is dit wat tevore as die onmoontlike beskou is, nou binne dié span se bereik.

Dinsdag se bepalings (Tuks se B-veld): 14:00: Universiteit van Johannesburg t. Wits, 16:00: Ixias t. NWU (albei regstreeks op kanaal 245 op now.dstv.com).

Meer oor:  Varsitybeker  |  Noordwes-Universiteit  |  Ixias  |  Nwu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.