Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Trevor Nyakane maak debuut vir Bulle

Die Springbok Trevor Nyakane se insluiting in die Blou Bulle se beginspan is goeie tyding by Loftus Versfeld, maar terselfdertyd ook ’n teken van die tye in Suid-Afrikaanse rugby.

Trevor Nyakane speel Saterdag teen die Goue Leeus in sy eerste Curriebeker-wedstryd vir die Blou Bulle.Foto: Gallo Images

Hoewel die 29-jarige stut reeds in 2015 ’n Bul geword het, sal dit Saterdag op Loftus sy Curriebeker-debuut vir die Ligbloues wees wanneer hulle die Goue Leeus takel.

Pote Human, hoofafrigter van die Bulle, het sy span met twee Springbokke, Nyakane en die skrumskakel Ivan van Zyl, versterk.

Nyakane, wat weens ’n ribbesering nie in die toetsreeks teen Engeland kon speel nie, vervang Conraad van Vuuren aan die vaskopkant van die skrum en Van Zyl is een van die plaasvervangers.

Daar is twee ander veranderings in die pak met Jano Venter en Eli Snyman wat ten koste van Thembelani Bholi en Ruan Nortjé op flank en slot oorvat.

Die Bok-senter Jesse Kriel, wat verlede Saterdag in Durban teen die Haaie gespeel het, is in Suid-Afrika se toergroep na Australasië ingesluit en Johnny Kotze kry daarom die nr. 13-trui. JT Jackson is terug op binnesenter.

Human sê Nyakane en Van Zyl se teenwoordigheid “sal die spelers lig”.

“Trevor en Ivan het albei speeltyd nodig (om weer vir die Springbokke in aanmerking te kom) en hulle wíl speel. Dit is jammer vir ons dat Jesse uit is, maar ons is bly om twee ander Bokke te kan kies.”

Die spul hanteerfoute wat die Bulle teen die Haaie gemaak het, was die week hoog op Human se regruklys.

“Ja, dit kan net beter gaan of hoe? Die spelers het dadelik verantwoordelikheid aanvaar ná Saterdag en wil dit regstel.

“Ons het besef ons het goeie rugby gespeel, maar dat daar heeltemal te veel foute was. Die afronding sal teen die Leeus baie beter moet wees.”

Human sê nadat hulle sonder enige ligapunte uit Durban weg is, is daar groot druk op die span om tuis te wen.

“Dit is wat die verkorte kompetisie vanjaar van jou vereis.”

Meer oor:  Pote Human  |  Blou Bulle  |  Ivan Van Zyl  |  Trevor Nyakane  |  Curriebeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.