Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
O’Connor dra nr. 10-trui; Poema-trio speel nie

Die ervare James O’Connor is op losskakel ingesluit vir Australië se laaste Drienasiestoets teen Argentinië Saterdag in Sydney.

James O’Connor is terug in die nr. 10-trui vir die Wallabies. Foto: Getty Images

Dié 30-jarige spelskepper het die Wallabies se vorige drie kragmetings in die reeks weens knie-en voetbeserings misgeloop. Sy terugkeer beteken Reece Hodge skuif na heelagter nadat hy die nr. 10-trui gedra het in die oorwinning teen die All Blacks en ’n gelykopuitslag teen die Poemas.

Die veelsydige Hodge, wat ná Saterdag ’n toets in elke agterlynposisie buiten skrumskakel sou begin het, vervang Tom Banks in een van slegs twee veranderinge aan die opdrafspan wat twee weke gelede teen die Argentyne gespeel het.

Die ander verandering is in die voorry waar die vaskopstut Allan Alaalatoa in die plek van Taniela Tupou uitdraf.

Die slot Lukhan Salakaia-Loto sal saam met Tupou van die plaasvervangersbank af speel ná hy die vorige twee toetse weens ’n kniebesering misgeloop het.

Die Wallabies en die Poemas het albei nog ’n wiskundige kans om die Drienasiestitel by Nieu-Seeland te buit. Die Aussies moet egter met 101 punte seëvier en die Argentyne met 93.

• Die Wallabies se kanse het vroeër vandeesweek skynbaar ’n hupstoot gekry toe Pablo Matera van die Poema-kapteinskap gestroop en saam met sy spanmaats Guido Petti en Santiago Socino geskors is weens rassistiese en xenofobiese uitlatings op sosiale media tussen 2011 en 2013.

Hoewel die Argentynse Rugbyunie (UAR) Donderdag sy skorsing van dié drietal opgehef het, is hulle weggelaat uit die span vir Saterdag se toets.

Pablo Matera, kaptein van die Poemas, sal nie Saterdag teen die Wallabies speel nie. Foto: Getty Images

Die UAR het in ’n verklaring gesê die spelers het opreg om verskoning gevra en die feit dat hulle gedrag in die jare sedert die uitlatings uitstekend was, beteken hul skorsings kon opgehef word.

Die Argentynse media het Donderdag berig dat sekere gesaghebbende spelers in die Poema-groep gedreig het om te staak indien die UAR nie sy besluit om die spelers te skors, verander nie.

Die UAR het erken die trio geniet die ondersteuning van hul spanmaats, voormalige Poemas en klubs in Argentinië.

Die senter Jeronimo de la Fuente sal die Poemas in Matera se plek teen die Wallabies aanvoer.

Spanne:

Wallabies: 15-Reece Hodge, 14-Tom Wright, 13-Jordan Petaia, 12-Hunter Paisami, 11-Marika Koroibete, 10-James O’Connor, 9-Nic White, 8-Harry Wilson, 7-Michael Hooper (k), 6-Ned Hanigan, 5-Matt Philip, 4-Rob Simmons, 3-Allan Alaalatoa, 2-Brandon Paenga-Amosa, 1-Scott Sio. PLAASVERVANGERS: 16-Folau Fainga’a, 17-Angus Bell, 18-Taniela Tupou, 19-Lukhan Salakaia-Loto, 20-Rob Valetini, 21-Jake Gordon, 22-Irae Simone, 23-Tom Banks.

Poemas: 15-Santiago Carreras, 14-Bautista Delguy, 13-Matias Orlando, 12-Jeronimo de la Fuente (k), 11-Emiliano Boffelli, 10-Nicolas Sanchez, 9-Felipe Excurra, 8-Rodrigo Bruni, 7-Facundo Isa, 6-Santiago Grondona, 5-Marcos Kremer, 4-Matias Alemanno, 3-Francisco Gomez Kodela, 2-Julian Montoya, 1-Nahuel Tetaz Chapparo. PLAASVERVANGERS: 16-Jose Luis Gonzalez, 17-Mayco Vivas, 18-Juan Pablo Zeiss, 19-Lucas Paulos, 20-Francisco Gorrissen, 21-Gonzalo Bertranou, 22-Dominic Miotti, 23-Santiago Chocobares.

– Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Diego Maradona  |  Xenofobie  |  Drienasiesreeks  |  Pablo Matera  |  Toetsrugby  |  Mario Ledesma  |  Wallabies  |  Rassisme  |  Poemas  |  Santiago Socino  |  Guido Petti
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.