Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
O’Connor sluit hom by Wallabies aan

James O’Connor, voormalige stoutseun van Australiese rugby, is op pad na Suid-Afrika om hom aan te sluit by die Wallabies nog voordat hy ’n kontrak met ’n Australiese Superrugby-franchise geteken het.

James O'Connor gaan saam met die Wallabies in Suid-Afrika oefen om hom weer met die span se speelstyl en kultuur vertroud te maak. Foto: Getty Images

O’Connor kry die geleentheid nadat die vleuel Marika Koroibete vir die geboorte van sy tweede kind in Melbourne agtergebly het, berig rugbypass.com.

Rugby Australië het gesê O’Connor sal hom slegs by die span aansluit om saam te oefen.

Daar word verneem dat die 29-jarige O’Connor se onderhandelinge oor ’n kontrak met die Reds goed verloop en dat ’n ooreenkoms voor die eerste Rugbykampioenskapstoets teen die Springbokke op 20 Julie bereik kan word.

O’Connor, wat in 44 toetse gespeel het, word op die vlug vergesel deur die flank David Pocock, wie se rehabilitasie vir ’n beseerde kuitspier in Suid-Afrika voortgesit sal word.

Die Wallabies se afrigter, Michael Cheika, verwag dat Koroibete hom nog voor die toets teen Suid-Afrika by die span kan aansluit. Hy het gesê tot dan sal dit ’n goeie geleentheid vir O’Connor wees om hom met die span se kultuur vertroud te kry.

“Met David wil ons meer spesifieke rehabilitasiewerk doen en dis beter dat hy by ons is sodat ons seker maak dat hy reg is om terug te keer,” het Cheika gesê.

Terwyl O’Connor se vroeë loopbaan as Wallaby deur verskeie skandes en skandale van die veld af gekenmerk was, blyk dit dat hy ’n nuwe blaadjie omgeslaan het en in sy tyd by die Sale Sharks in Engeland grootgeword het.

Die voormalige Wallaby Matt Giteau het gesê dit sal ’n “vermorsing” wees as Australiese rugby se voormalige goue seun nie die geleentheid kry om weer op toetsvlak te speel nie.

Omdat O’Connor nog nie die drempel bereik het vir buitelands gebaseerde spelers om vir die Wallabies oorweeg te word nie, móét hy met ’n Australiese span ’n kontrak sluit voordat hy weer ’n Wallaby-trui oor die kop mag trek. – Reuters

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Springbokke  |  James O'connor  |  Wallabies  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.