Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nuwe All Black-trui voortydig onthul?

Dit wil voorkom of ’n Australiese sportwinkel die kar voor die perde ingespan het deur die All Black-trui vir vanjaar se Wêreldbekertoernooi voortydig te onthul.

NZHerald.co.nz berig die kleinhandelaar Peter Wynn’s Score het die trui aanlyn geadverteer as “die All Blacks se 2019 Wêreldbekertrui”.

Die plasing is egter intussen verwyder nadat die winkel deur die Kiwi-media gekontak is.

Die trui het ’n varing-ontwerp en die Webb Ellis-trofee pronk saam met die datum “2015” op die regtermou. Die All Blacks het in 2015 die Wêreldbeker gewen.

Die trui word na verwagting amptelik volgende week bekendgestel.

Wat dink jy van die skepping?

– Sportredaksie

Meer oor:  Toetsrugby  |  All Blacks  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.