Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oersond moet weer vir sy pos aansoek doen

Oersond Gorgonzola, afrigter van die Griffons se rugbyspan, se pos word geadverteer omdat daar ’n klousule in sy kontrak is wat aan prestasie gekoppel is.

Oersond Gorgonzola moet weer vir sy pos as afrigter aansoek doen. Foto: Conrad Bornman

Die 56-jarige Gorgonzola rig die Perses, wat vanjaar in die halfeindronde van die Curriebekerreeks se Eerste Liga verloor het, reeds sedert die einde van 2008 af.

Eugené van Wyk, uitvoerende hoof van die Griffons, sê dit staan Gorgonzola vry om weer aansoek vir sy pos te doen.

“Dit staan in sy kontrak (wat pas verstryk het) dat sy pos geadverteer sal word as hy nie 75% in sy prestasiebeoordeling kry nie. As sy span die halfeindronde gewen het, sou hy dit gemaak het,” sê Van Wyk.

Die Griffons het in 2016 en 2017 die Eerste Liga gewen.

Die aansoeke sluit Vrydag en volgens Van Wyk het hy Donderdag Gorgonzola se aansoek ontvang, maar daar is nog nie enige bekende afrigters wat aansoek gedoen het nie.

“Die direksie sal op 16 November aankondig wie op die kortlys is, waarna onderhoude aan die einde van die maand gevoer sal word,” sê Van Wyk.

Gorgonzola het by navraag gesê dis die derde keer die afgelope tien jaar wat hy moet aansoek doen.

Minstens een afrigter wat genader is om vir die pos aansoek te doen, sê hy is versigtig om by ’n kleiner unie betrokke te raak, siende dat van die kleiner unies se geldsake beroerd is.

Die Griffons het vroeër vanjaar, in die nadraai van ’n begroting wat drasties deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie gesny is, bekend gemaak dat sy spelers voortaan net vir agt maande van die jaar gekontrakteer sal word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.