Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rooikaart oorskadu ’Canes se sege
Kobus van Wyk seil oor die doellyn vir sy eerste drie vir die Hurricanes in Sondag se Aotearoa-kragmeting met die Chiefs. Die oudspeler van die Haaie het twee keer gaan druk. Foto: Getty Images

’n Blitskrieg in die eerste helfte en uitmuntende verdediging teen die einde het Sondag die Hurricanes, met 14 spelers op die veld, gehelp om die Chiefs met 25-18 in Hamilton te klop.

Dit was ’n kragmeting in die Aotearoa-rugbyreeks, ’n Nieu-Seelandse derby-reeks wat in die koronaviruspandemie die Superrugbyreeks vervang het.

Die ’Canes was met rustyd reeds met 20-3 voor, maar toe die slot Scott Scrafton in die 64ste deur Ben O’Keefe, die skeidsregter, afgestuur is, het die Chiefs verbete teruggeveg.

Hardnekkige verdediging veral in die laaste tien minute het die knoop vir die wenspan deurgehak.

Scrafton se rooikaart - die gevolg van twee geelkaart-oortredings in die kragmeting - was ’n warm besprekingspunt ná die kragmeting.

Scrafton se rooikaart - die gevolg van twee geelkaart-oortredings in die kragmeting - was ’n warm besprekingspunt ná die kragmeting.

Die eerste geelkaart het kommentators warm onder die kraag gelaat.

Die slot het by ’n lynstaan oor die denkbeeldige lyn wat die twee pakke voorspelers skei, gerank, en was dus onkant.

O’Keefe se straf is as “uitermatig” beskryf.

Die Chiefs se losskakel, Damian McKenzie.

Sy tweede geelkaart was geregverdig. Hy het nie teruggeval toe die Chiefs naby die ’Canes se doellyn ’n aanval geloods het nie en Damian McKenzie, wat ’n gaping sou slaan, grond toe gebring.

Die Chiefs is ’n strafdrie toegeken en Scrafton is vir die res van die wedstryd na die paviljoen gestuur.

Kommentators het lank oor die slot se eerste geelkaart gedebatteer. Vroeër in die wedstryd het die Chiefs se All Black-kaptein, Sam Cane, ’n soortgelyke professionele oortreding in die lynstaan begaan, maar hiervoor is net ’n strafskop toegeken.

Ondanks die verlies aan Scrafton, was die Hurricanes deurgaans die beter span op die veld en het die oorwinning verdien.

Vir Warren Gatland, die Chiefs se afrigter, lê daar dinkwerk voor. Dit was die sterbelaaide span se vierde loesing in die Aotearoa-reeks.

Die rooikaart-drama het ongelukkig die glans ietwat verdof van die twee drieë wat die Suid-Afrikaanse vleuel Kobus van Wyk vir die ’Canes gaan druk het - een in elke helfte.

Die All Black-keurders sal ook kennis neem van ’n monster-strafdoel van 58 m wat Jordie Barrett vir die wenspan aangeteken het.

Sy waarde as stelskopper in ’n toetsspan sal nie onderskat word nie.

Puntemakers: Chiefs 18: Drieë: Lachlan Boshier, strafdrie. Strafdoele: Aaron Cruden (2).

Hurricanes 25: Drieë: Kobus van Wyk (2), Du Plessis Karifi. Doelskoppe: Jordie Barrett (2). Strafdoele: Barrett (2). - stuff.co.nz

Meer oor:  Kobus Van Wyk  |  Nieu-Seeland  |  Rooikaart  |  Chiefs  |  Rugby  |  Aotearoa-Reeks  |  Hurricanes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.