Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Onafhanklike ondersoek geëis

Florian Grill, ’n direksielid van die Franse Rugbyfederasie (FFR), het Sondag ’n onafhanklike ondersoek geëis nadat Covid-19 onder die Hane se Sesnasies-groep uitgebreek het en hul wedstryd teen Skotland uitgestel moes word.

PARIS, FRANCE - FEBRUARY 02: French Sports Ministe
Roxana Maracineanu, Frankryk se minister van sport. Foto: Getty Images

Die Franse minister van sport, Roxana Maracineanu, het die FFR-president, Bernard Laporte, gevra om ’n interne ondersoek te begin, maar vir Grill, wat deur Laporte in verlede jaar se FFR-presidentsverkiesing uitgestof is, is dit nie genoeg nie.

“Die bestuur van Franse rugby het ’n protokol van die regering onderteken, wat nie ’n klein verantwoordelikheid is nie. Ons moet agter die waarheid kom, ons het deeglikheid en deursigtigheid nodig,” het Grill aan die Franse radiodiens Europe 1 gesê.

Die Franse groep is beperk tot 31 spelers in ’n bioborrel om koronavirus-infeksies te beperk. Hulle is toegelaat om saam met die nasionale sewesspan in Marcoussis, net buite Parys te oefen.

Elf spelers en van die personeellede, waaronder die hoofafrigter, Fabien Galthié, is positief getoets vir Covid-19 nadat Les Bleus Ierland vroeër die maand geklop het vir hul tweede sege in die reeks.

Die Sesnasies-organiseerders het Donderdag aangekondig dat die wedstryd teen Skotland, wat Sondag sou plaasvind, uitgestel is.

Bernard Laporte, president van die Franse Rugbyfederasie. Foto: GETTY IMAGES

Voordat die ondersoek nog begin het, het Laporte gesê “na my wete is dit niemand se fout nie”. Maracineanu het daarna gedreig om die Franse span se toestemming om aan die Sesnasies-reeks deel te neem terug te trek indien die FFR nie die oorsaak van die uitbreking deeglik ondersoek nie.

“Die dringendheid is om ’n deeglike onafhanklike ondersoek te doen, nie ’n interne ondersoek nie,” sê Grill.

“Enigiemand sal verstaan dat ons nie die mense wat onder verdenking is, kan vra om self die ondersoek te doen nie.”

Frankryk het verlede maand ’n verbod geplaas op reis van en na Europese Unie-lande, maar die sportminister het spesiale toestemming aan die Hane gegee om aan die Sesnasies deel te neem.

“Ek dink nie daar is in die protokol geskryf dat die spelers kan uitgaan om wafels te eet nie,” het Maracineanu Saterdag gesê ná berigte dat Franse spelers in Rome, waar hulle drie weke gelede teen Italië gespeel het, glo Covid-19-protokolle verbreek het.

Frankryk is geskeduleer om op 10 Maart na Engeland te vertrek vir sy volgende Sesnasies-wedstryd – Reuters

Meer oor:  Frankryk  |  Franse Hane  |  Covid-19  |  Sesnasies  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.