Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ondersoek kan wyer strek as net by Bulle

Xander Janse van Rensburg, voormalige hoëprestasie-bestuurder van die Blou Bulle Maatskappy (BBM), word nie net deur strafregtelike klagte van bedrog in die gesig gestaar nie, maar hy sal ook ’n siviele eis van sy voormalige werknemer moet verdedig.

Xander Janse van Rensburg

Rapport kan onthul dat die saak teen hom al ver gevorderd is. Die klag van bedrog is by die polisiekantoor in Sunnyside ingedien en die polisie se eenheid vir kommersiële misdaad hanteer die ondersoek.

Die BBM het intussen ook begin met ’n siviele proses om van die geld wat glo verduister is terug te kry.

Janse van Rensburg het twee prokureurs aangestel om sy sake te behartig. Riaan Bosch sal hom in die siviele saak verteenwoordig, terwyl Oelof de Meyer aangestel is om die strafregtelike saak te hanteer.

Rapport verneem die forensiese ondersoek is ook afgehandel en bewyse is aan die polisie oorhandig. Dit word nou ondersoek.

Janse van Rensburg het in Februarie skielik bedank weens gesondheidsprobleme. Die BBM het toe in April begin met ’n forensiese ondersoek na beweerde bedrog.

’n Ingeligte na aan die ondersoek sê die ondersoek kan wyer as die Blou Bulle uitgebrei word, veral ná bewerings van ongemagtigde betalings aan agente. “As dit lyk of die probleem verder gaan as net by die Blou Bulle, sal dit gedoen word. Met korrupsie is daar altyd meer as net een mens betrokke,” het die bron aan Rapport gesê.

Die bewerings wat reeds teen Janse van Rensburg gemaak is, sluit in:

  • Dat ’n kontantbedrag van R300 000 in sy lessenaar gevind is;
  • Dat ’n bestaande werknemer van die BBM hom R60 000 moes betaal om in sy pos aangestel te word;
  • Dat daar ’n huurkontrak vir meer as R1 miljoen gesluit is met ’n gastehuis om junior spelers te huisves. Die gastehuis behoort blykbaar aan ’n familielid van Janse van Rensburg.
  • Dat daar nie behoorlike rekenskap is van R500 000 “sakgeld” wat op ’n toer na Nieu-Seeland en Australië gebruik is nie;
  • Dat Janse van Rensburg kontantdeposito’s van tussen R300 en R400 000 ontvang het wat nooit oorbetaal is na die BBM se rekening nie;
  • Dat daar agteraf betalings was tussen Janse van Rensburg en agente om spelers by sekere agente te laat teken.
Meer as 30 beëdigde verklarings is reeds deur werknemers en voormalige werknemers van die BBM ingedien oor Janse van Rensburg se bedrywighede.

Meer as 30 beëdigde verklarings is reeds deur werknemers en voormalige werknemers van die BBM ingedien oor Janse van Rensburg se bedrywighede.

Janse van Rensburg het deur sy prokureur (Riaan Bosch) aan Rapport gesê hy gaan nie nou oor die kwessies kommentaar lewer nie.

Rapport het sy vrae aan Janse van Rensburg deur Bosch gestuur.

“Ons het die kans gehad om jou versoek met ons kliënt te bespreek en ons is van mening dat ons hom nie in dié stadium kan adviseer om te reageer nie. Ons bevestig ons kliënt se kommentaar aan jou op WhatsApp-boodskappe in April 2019 en dat die situasie nie sedertdien verander het nie,” het Bosch geantwoord.

Janse van Rensburg het destyds gesê hy gee sy “volle samewerking” aan die forensiese ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.