Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ongeluksvoël Goosen al weer gekrok

Die voormalige Springbok-losskakel Johan Goosen sal die volgende ses weke langs die kantlyn deurbring weens ’n gekraakte voet, het sy klub, Montpellier, vandeesweek gesê.

Johan Goosen verlede seisoen vir die Cheetahs in die Pro14-reeks in aksie. Foto: Gallo Images

Goosen (26) kon weens dié besering nie die naweek teen die Franse Top14-liga-voorloper, Toulouse, speel nie.

Goosen, wat in 13 toetse vir die Springbokke gespeel het, het vroeër reeds ’n maand en ’n half van die seisoen weens ’n besering aan sy enkel misgeloop.

Volgens AFP loop die sukkelende Montpellier nou die gevaar om nie die uitspeelwedstryde te haal nie aangesien hulle in die negende plek op die puntelys lê.

Vern Cotter se span is reeds uit die Europese Kampioenebeker-reeks geboender.

Die kragtige Fidjiaanse vleuel Nemani Nadolo het intussen na die oefenveld terug gekeer nadat hy meer as ses weke lank met ’n kniebesering gesukkel het.

Nadolo (31), wat in Januarie, enkele maande voor die Wêreldbeker-toernooi in Japan, sy uittrede uit internasionale rugby aangekondig het, kan Saterdag vir Montpellier teen die Bordeaux-Bègles uitdraf.

– Sportredaksie

Meer oor:  Top14  |  Montpellier  |  Johan Goosen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.