Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ons moet ondersteuners laat glimlag
Eddie Jones, afrigter van Engeland se rugbyspan, die afgelope week op die oefenveld. Foto: Getty Images

Die besluit verlede week om Engeland se wedstryd teen die Barbarians weens Covid-19-protokol te kanselleer, het ’n grap van die spel gemaak en die Rose het die verantwoordelikheid om ondersteuners weer te laat glimlag, sê Eddie Jones, dié span se afrigter.

Die Engelse Rugbyunie (RFU) het tugsake begin teen die lede van die Barbarianspan wat verlede week twee keer dié protokol verontagsaam het deur in restaurante in Londen te gaan kuier.

Sondag se ontmoeting, wat veronderstel was om ’n opwarmstryd vir Engeland te wees voor Saterdag se wedstryd in die Sesnasies-reeks teen Italië, is gekanselleer toe die rondlopers se optrede op die lappe gekom het.

“Ons besef rugby is op die oomblik ietwat van ’n grap,” het Jones op ’n virtuele mediakonferensie gesê.

“Daarom wil ons toesien dat die spel se goeie naam herstel word.

“Rugby is ’n wonderlike spel en dit moenie gebeur dat dit beskou word as iets wat nie van belang is nie.

Daarom wil ons toesien dat die spel se goeie naam herstel word. Rugby is ’n wonderlike spel en dit moenie gebeur dat dit beskou word as iets wat nie van belang is nie.
Eddie Jones

“Dit was ’n moeilike jaar vir ons almal. Mense het hul werk verloor en ander het familielede aan die dood afgestaan, so ons voel absoluut bevoorreg om die spel te kan speel en dit is ons verantwoordelikheid om mense weer te laat glimlag.”

Jones sê sy spelers benader die wedstryd in Rome met ’n ywer wat hy nog nie voorheen ervaar het nie.

Engeland kan die Sesnasiestitel wen as hy Italië oortuigend klop en die uitslag van die wedstryd later tussen Frankryk en Ierland in Parys gunstig eindig vir Jones se span.

“Niemand wil sien dat ’n wedstryd afgelas word weens protokol wat nie nagekom is nie. Dit is nie goed vir rugby nie, maar ons het nou die geleentheid om dit reg te stel,” sê Jones.

Wallis sluit Saterdag in Cardiff ’n teleurstellende Sesnasies-veldtog teen Skotland af, waarna Engeland teen Italië te staan kom.

Teen die tyd wat die Hane en die Iere in die Stade de France opdraf, sal hulle presies weet wat nodig is om vanjaar die titel te wen. – Reuters

Meer oor:  Eddie Jones  |  Engeland  |  Italie  |  Rose  |  Toets  |  Sesnasies  |  Baabaas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.