Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Onsekerheid oor reekse kwel Div
Peter de Villiers en die OP se waarnemende spanbestuurder, Rafiek Hermans. Foto: Michael Green

Die onsekerheid oor watter rugbyreeks wanneer gespeel gaan word, maak dit vir die Oostelike Provinsie-rugbyunie bitter moeilik om spelers te kontrakteer.

“Ons is nou met die kontraktering besig, maar dis moeilik. Ons soek daardie bepalingslys van SA Rugby, want dan weet jy hoe lank jy kan bekostig om ’n speler te kontrakteer,” sê Peter de Villiers, die OP-afrigter.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie moet nog bekend maak of die OP in die beplande Franchise-reeks gaan speel en of dié reeks hoegenaamd gespeel gaan word.

Daar moet ook nog bekend gemaak word watter spanne later in die jaar in die Curriebeker-reeks se Premier-afdeling en watter in die Eerste Liga speel.

“My bedingingsmag raak al minder, want ek sit met spelers en dis moeilik om beloftes aan hulle te maak,” sê De Villiers.

My bedingingsmag raak al minder, want ek sit met spelers en dis moeilik om beloftes aan hulle te maak.
Peter de Villiers

Die spelers gaan voort asof hulle in die Franchise-reeks gaan speel, en in hierdie stadium bied die OP vir die uitverkorenes korterige kontrakte aan.

“As ons in die Curriebeker gaan speel, is dit baie maklik om spelers te kontrakteer, want dan weet jy dat SA Rugby jou ’n top up gaan gee. En as jy in die Eerste Liga gaan speel, is dit baie minder wat jy van SA Rugby kry,” sê De Villiers.

“Dis taai besluite omdat jy nie weet wat in die jaar gaan gebeur nie.”

Indien die OP ’n groot borg agter hom gehad het, sou dit natuurlik dinge makliker gemaak het.

In ’n mate kan ons ons eie toekoms in ons eie hande neem deur goed te gaan speel.
Peter de Villiers

Ten spyte van die onsekerheid, is De Villiers en sy spelers verbasend positief.

“In ’n mate kan ons ons eie toekoms in ons eie hande neem deur goed te gaan speel (in die Franchise-reeks), solank ons die kans kry om te speel,” sê die breier.

Dat daar ’n steil bult op die OP wag, indien hy wel in die Franchise-reeks gaan speel, is egter gewis.

Die span kan weens die streng Covid-19-maatreëls nie enige opwarmingswedstryde speel nie.

De Villiers sal dus moet sorg dat sy manne teen mekaar wedstrydfiks word.

Die breier beplan in hierdie stadium nie om na nog ander spelers buite die groep vir kontraktering te kyk nie.

“Ek voel dat ons hierdie ouens in wie ons ons vertroue gestel het ’n geleentheid moet gee, anders gaan ons nooit weet of hulle wel goed genoeg is nie,” sê hy.

Meer oor:  Peter De Villiers  |  Port Elizabeth  |  Reekse  |  Op  |  Onsekerheid  |  Afrigter  |  Saru  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.