Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ontwykende beker vuur Barrett aan
Beauden Barrett in aksie tydens die onlangse toets tussen die All Blacks en Wallabies op Eden Park. Foto: Getty Images

Wanneer jy al soveel bereik het soos die All Black Beauden Barrett, sal jy dink hy het alles wat sy hart begeer – behalwe dat hy nog nooit die Bledisloebeker-reeks op Australiese bodem kon beklink nie.

Die 29-jarige Barrett, wat deesdae meestal op heelagter uitdraf, was twee keer Wêreldrugby se Speler van die Jaar, hy was ses keer in die All Black-span wat die Rugbykampioenskap gewen en een keer in die Wêreldbeker-toernooi (2015) baas was.

Wat die Bledisloebeker betref, het hy in sy loopbaan van 85 toetse reeds sewe keer uit daardie beker gedrink– wat jaarliks tussen Nieu-Seeland en die Wallabies beslis word.

Vanjaar se reeks word oor vier toetse beslis, met die spanne wat in die eerste, in Wellington, gelykop gespeel het. Die All Blacks het in die volgende toets, in Auckland, koning gekraai. Nou, met die reekstelling 1-0 in die Nieu-Seelanders se guns, pak die twee spanne mekaar Saterdag in Sydney – met die laaste toets wat in Brisbane beslis sal word.

Barrett, wat die eerste toets met ’n besering misgeloop het, erken dit pla hom en sy spanmaats dat hulle nie in hul eie agterplaas die knoop kon deurhak nie.

Ons respekteer Australië en sien uit na die uitdaging wat die naweek vir ons voorlê.
Beauden Barrett

“Ja, natuurlik pla dit ons. Maar ons kan nie so arrogant wees dat ons dink dat ons elke tuiswedstryd gaan wen nie. Ons respekteer Australië en sien uit na die uitdaging wat die naweek vir ons voorlê,” sê Barrett.

“Ons het vir lank nie die Bledisloebeker in hulle agterplaas beklink nie en ons kry nou die geleentheid om dit te doen.”

Die All Blacks het in 2019 dié beker vir ’n 17de agtereenvolgende jaar gewen – ten spyte van ’n loesing van 26-47 aan die hand van die Wallabies in die eerste toets in Perth. Barrett se broer Scott is in daardie kragmeting met ’n rooikaart van die veld gestuur.

“Dit is belangrik om te onthou hoe jy in die kleedkamer of gedurende die wedstryd tydens oomblikke soos daardie gevoel het en dit gebruik om jou aan te vuur,” sê Barrett.

“Dit was vir ons ’n wekroep . . . en ons wil nie hê dat so iets weer gebeur nie.” – Reuter

Op YouTube:

Meer oor:  Beauden Barrett  |  Australie  |  Nieu-Seeland  |  Bledisloebeker  |  Toets  |  Rugby  |  Heelagter  |  Wallabies  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.