Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ooievaar besoek GW se Sias

Die ooievaar het vandeesweek besoek afgelê by Sias Koen, rugbyspeler van Griekwas, en sy vrou, Wilné.

Griekwas se Sias Koen en sy vrou, Wilné, en hul dogtertjie, Lara. Foto: Facebook

Lara, die Koen-egpaar se eersteling, het Maandagmiddag rondom die etensuur die eerste lewenslig in Kimberley aanskou.

“My hart wil bars van opgewondenheid. Dit is ’n ongelooflike gevoel, iets wat ek nie eintlik kan beskryf nie. Mense sê altyd dit is spesiaal, maar dit is soveel meer,” sê Sias.

“Dit is ’n uitdagende tyd (met die Covid-19-pandemie), maar al wat vir my saak maak, is dat sy gesond is. Sy is regtig so mooi. Ek was deel van die kraamproses, so dit was iets besonders vir my.”

Sias Koen verlede jaar in ’n Pro14-wedstryd vir die Cheetahs teen Munster in aksie. Foto: Gallo Images

Op die rugbyveld is die 26-jarige Sias, ’n losvoorspeler, ’n klipharde kalant wat nie skroom om die vuilwerk te doen nie. Hy het hom laat in 2019 as leenspeler by die Cheetahs in Bloemfontein aangesluit en het vir hulle in die Pro14-reeks diens gedoen.

Sy leentydperk verstryk aan die einde van Mei, en wanneer rugby vanjaar ná die staat van inperking hervat word, sal hy weer by die Poubloues inval.

Sedert Sias hom in 2016 by Griekwas aangesluit het, het hy hom as ’n belangrike rat in die Poublou-masjien onderskei en het dié span ook al by geleentheid aangevoer.

Meer oor:  Baba  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.