Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ooievaar laat Nyakane na SA terugkeer

Die Springbok-stut Trevor Nyakane het na Suid-Afrika teruggekeer, maar dit is om sy vrou met die geboorte van hulle eerste kleinding by te staan en nie omdat sy Wêreldbeker-deelname in gedrang is nie.

Trevor Nyakane het na Suid-Afrika teruggekeer om sy vrou die komende week by te staan met hulle eersteling se geboorte. Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Sondag in ’n mediaverklaring gesê Nyakane sal na verwagting beskikbaar wees om op 21 September in Jokohama teen die All Blacks te speel wanneer die Bokke met hulle WB-aanslag begin.

Nyakane was Vrydag in Koemagaja sowat 14 minute op die veld toe hy ’n kniebesering opgedoen het in die WB-opwarmstryd teen Japan.

Die Bulle-stut het Frans Malherbe in die tweede helfte vervang, maar hy het minute later met duidelike ongemak van die veld gestap en Malherbe moes die wedstryd voltooi.

Vaskopstut is straks een van die min posisies in die span waaroor die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, oor die volgende paar dae sal besin.

Nyakane speel van sy beste rugby vanjaar nadat hy die Bulle se skrums met welslae in die Superreeks geanker het.

Hy het Saterdag na Suid-Afrika gevlieg en sal Vrydag weer by die span aansluit.

Vincent Koch is die ander vaskopstut in die groep.

Die Bokke het nadat hulle die gasheer oortuigend 41-7 geklop het, in Kagosjima in die suidweste van Japan kamp opgeslaan om die komende week daar voor te berei.

Erasmus het Vrydag gesê dit is verblydend dat hulle Nieu-Seeland oor twee weke sonder enige beserings kan aandurf.

Daar sal na verwagting nie afgewyk word van die vyftiental wat teen Japan begin het nie.

S’bu Nkosi het in die vorige toets teen Argentinië in Pretoria sy aanspraak op regtervleuel ’n goeie hupstoot gegee, maar Cheslin Kolbe was Vrydag nogmaals voortreflik in die nr. 14-trui.

Afgesien van die keuse tussen Malherbe en Nyakane aan die vaskopkant, moet Erasmus ook besluit of hy met Steven Kitshoff of die ervare Tendai Mtawarira langs die haker Malcolm Marx in die voorry gaan begin.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.