Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Oom’ Schalk Brits oor Bokke se kapteinskap
Schalk Brits, wat Saterdag in Pretoria voor draf vir die Springbokke, en Scarra Ntubeni deel Vrydag ’n ligte oomblik op Loftus Versfeld. Foto: Gallo Images

Dit was te wagte dat Schalk Brits se ouderdom ter sprake sou kom toe hy Vrydag die Springbokke se gebruiklike kapteins-mediakonferensie behartig het.

’n Kaptein wat ouer is as die skeidsregter is immers ’n seldsame gebeurtenis in toetsrugby.

Dié Bok-haker, wat vanjaar vir die Bulle Superrugby gespeel het, is op 38-jarige ouderdom sommer ’n goeie sewe jaar die Engelse blaser Luke Pearce se senior.

“Dit gaan ongelooflik wees om die span te lei. Dit is iets wat ek nie in my wildste drome verwag het nie.

“Om ’n spesiale span soos die te lei, is ’n geweldige eer. “Dit is nie iets wat noodwendig een van my doelwitte was nie, so dit is heel onverwags.”

Brits sê die afrigter, Rassie Erasmus, het hom al in Nieu-Seeland gevra om die span môre op Loftus Versfeld teen Argentinië aan te voer.

“Dit is ’n groot eer om jou land te verteenwoordig. Ek is al sedert 2008 betrokke by die Springbokke en het nog net 12 toetse gespeel

“Elke keer wat ek gekies word besef ek watter voorreg dit is, wat nog te sê van die kaptein wees.

Ek het al uitgetree en het toe ’n tweede kans gekry om deel te wees van die spesiale span.
Schalk Brits

“Ek het al uitgetree en het toe ’n tweede kans gekry om deel te wees van die spesiale span.

“Ek is elke dag dankbaar om sulke spanmaats en vriende te hê, al noem hulle my soms oom en oupa.”

Brits sê hy het nog nie onder ’n breier gespeel wat so haarfyn beplan soos Erasmus nie.

Rassie Erasmus, afrigter van die Springbokke.Foto: Gallo Images

“Rassie is baie deeglik in sy beplanning. Dit kom al van verlede jaar Junie met die toetsreeks teen Engeland.

“Al die spelers het vanjaar al voor die Rugbykampioenskap geweet wie gaan wanneer speel en dit is wonderlik as jy daardie sekerheid het.”

Hy is ook in sy noppies dat Scarra Ntubeni, die plaasvervanger-haker, môre helaas ’n Springbok kan word.

“Dit is ongelooflik. Scarra is ’n uitstekende rugbyspeler en ’n nog beter mens.

“Ek is verheug dat ’n speler wat al so lank in die loopgrawe van die spel is en al baie beserings gehad het, sy kans kry.

“Hy gaan beslis waarde toevoeg.”

Dit is steeds ’n enigma van Suid-Afrikaanse rugby dat ’n speler met Brits se deugde in net 12 toetse gespeel het nadat hy in 2008 Springbok nommer 799 geword het.

Brits skerts hy is “verslae” dat hy nie op Loftus die oudste kaptein in die geskiedenis van Springbok-rugby word nie.

Sy loopbaan het ongelukkig in sy jonger dae met hakers soos John Smit, Bismarck du Plessis, Gary Botha en Adriaan Strauss s’n oorvleuel.

Brits skerts hy is “verslae” dat hy nie op Loftus die oudste kaptein in die geskiedenis van Springbok-rugby word nie.

Die slot Victor Matfield was 38 jaar en 172 dae oud toe hy in 2015 die Bokke teen Argentinië in die Wêreldbeker-toernooi gelei het.

Meer oor:  Schalk Brits  |  Rassie Erasmus  |  Pretoria  |  Kaptein  |  Rugby  |  Haker  |  Poemas  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.