Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oorsese Bokke nie 'n ramp - Rassie

Die magdom Springbokke wat oorsee speel, is eintlik ’n bedekte vir SA Rugby, sê Rassie Erasmus.

Rassie Erasmus (Gallo Images)

Volgens Erasmus het Suid-Afrika tans die beste van twee wêrelde: Skatryk oorsese klubs betaal die salarisse van spelers soos Handré Pollard en Eben Etzebeth, terwyl hulle steeds beskikbaar is om vir die Bokke te speel.

Met die geld wat aan salarisse bespaar word, kan jong talent in Suid-Afrika ontwikkel word, sê Erasmus. En hy is beïndruk met die jong talent wat Suid-Afrikaanse rugby tot sy beskikking het.

Erasmus sê die baie oorsese spelers in die Engelse en Franse ligas strem boonop die ontwikkeling van dié twee lande.

“Daar is byvoorbeeld in die 12 klubspanne in die Engelse Premierliga sewe skrumskakels wat nie kwalifiseer om vir Engeland te speel nie.

“Ons het op Supervlak weliswaar min ervaring, maar as jy die top-20-spelers van Suid-Afrika vat wat in Europa speel, dan betaal Europese rugby hulle gesamentlik bykans R200 miljoen, maar hulle kan steeds vir die Springbokke speel. En al ons plaaslike spelers kan vir ons speel.”

Erasmus het verduidelik hoe die beheerliggaam die geveg verloor het om die groot getal Springbokke wat ná verlede jaar vort is, in die land te hou. Hulle was net te duur en die begroting te klein.

“Ons het aanvaar dat ons nie die Handré Pollards of Eben Etzebeths sou kon behou nie, veral omdat ons nie R15 miljoen per speler kan bekostig nie, want ons begroting is maar net so R70 miljoen. As ons vyf van dié spelers kontrakteer, is ons begroting geblaas.

“Nou kan ons bydraes vir 85 spelers maak, en ons het dan nog ’n bietjie oor, so ons hoop om by 120 spelers uit te kom.

“Ek het met die Super-afrigters gesit en ons het oor elkeen van daardie 85 spelers gepraat in terme van kondisionering, wedstrydtyd en voeding."

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.