Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Oorywerigheid’ Kings se doodsteek

Vergeet van die rooikaart – as jy vier kanse wegsmyt om drieë te druk, kan jy vergeet om enige rugbywedstryd te wen.

Masixole Banda raak ontslae van die bal tydens Sondag se Pro14-wedstryd tussen die Kings en Connacht in Port Elizabeth. Die man wat op hom toesak, is Paul Boyle. Heel regs is Josiah Twum-Boafo en in die middel is Eoghan Masterson. Foto: Gallo Images

Dít is Robbi Kempson, die waarnemende hoofafrigter van die Southern Kings, se reaksie op sy span se nederlaag Sondag teen Connacht in Port Elizabeth.

Connacht was met 29-19 baas in dié Pro14-wedstryd, al was die Ierse span vir 64 minute een speler kort, nadat Peter Robb met ’n rooikaart gestraf is.

“Ons het in die week ’n plan uitgewerk saam met Swys de Bruin (konsultant), wat volgens my een van die beste aanvallende afrigters in die wêreld is. En dan smyt ons vier geleenthede om drieë te druk in die eerste helfte weg,” sê Kempson.

“Dan weer, hulle (Connacht) het die wedstryd goed bestuur in die tweede helfte. Hulle het die spel so stadig gemaak dat dit ’n drentelstappie was.”

Volgens Kempson het hy die hele tyd aan sy kaptein, JC Astle, boodskappe gestuur om met die skeidsregter te praat oor Connacht se taktiek.

Dit het egter nie gehelp nie. Connacht het volgens Kempson soms na wat soos ’n ewigheid gevoel het, aangedrentel lynstane toe.

Die Kings se breier gee wel toe dat Jack Carty, die besoekers se losskakel, die Kings met skitterende taktiese skopwerk in hul eie gebied vasgepen het.

Dit was veral in die eerste helfte, toe Connacht op ’n kol net 13 spelers op die veld gehad het (nog een is met ’n geelkaart afgestuur), asof die tuisspan se spelers oorywerig was.

Ervare spelers soos die senter Howard Mnisi het skielik liederlike hanteerfoute begaan.

“Oorywerigheid behoort nie ’n verskoning te wees nie. Die spelers behoort kalm te bly, veral in daardie soort situasie,” sê Kempson.

Met die rustyd was sy opdrag aan die spelers om balbesit te behou en om nie toe te laat dat die spel lostorring nie, maar om by die wedstrydplan te hou.

Dit was egter die meer ervare Connacht-span wat die Oos-Kapenaars ’n les of twee geleer het.

Die Kings het nou ’n effense blaaskans voordat hulle op Saterdag 21 Maart in die Baai teen Edinburgh speel.

Volgens Kempson sal die spelers ’n dag of wat kry om kop skoon te maak voordat hy die sweep weer begin klap.

Meer oor:  Pro14  |  Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.