Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
OP-baas hoof van Kings se nuwe raad
André Rademan, die president van die OP Rugbyunie, sal nou ook na die Southern Kings se sake help omsien. Foto: Gallo Images

André Rademan, die president van die Oostelike Provinsie Rugbyunie (OPRU), is aangestel as die nuwe voorsitter van ’n raad wat na die Southern Kings se sake moet omsien.

Rademan sal deur vier ander lede op die raad bygestaan word.

Hulle is Mbulelo Gidane, die voorsitter van die OPRU se finansiële en menslike hulpbronne-komitee, asook twee verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), Monde Tabata en Jannie Louw, en een onafhanklike lid, Gugu Nxiweni.

Dié aanstellings volg nadat Saru besluit het om 74% van die Kings se aandele van die konsortium sakemense wat aan die hoof van die Kings se sake was, maar nie sy kontraktuele verligtinge kon nakom nie, teruggeneem het.

Die OPRU het as ’n minderheidsaandeelhouer (25%) twee plekke op die raad.

Die Kings se terugkeer tot die speelveld word deur die Kings se direkteur van rugby, Robbi Kempson, behartig. Hy doen dit met die ondersteuning van Saru se direkteur van rugby, Rassie Erasmus.

Meer oor:  André Rademan  |  Port Elizabeth  |  Raad  |  Southern Kings  |  Saru  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.