Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
OP-baas wil nie uitwei oor brief aan Saru

André Rademan, die president van die Oostelike Provinsie Rugbyunie, volstaan by die inhoud van ’n brief wat hy aan SA Rugby geskryf het waarin hy keelskoonmaak omdat die OP nie vanjaar in die Curriebeker se Premierliga gaan speel nie.

Peter de Villiers (links), die OP se afrigter, en André Rademan, die OP se president. Foto: Michael Green

“Ek wil dit duidelik maak, ek volstaan by die inhoud van die brief, maar ek wil dit ook duidelik maak dat ek nie die brief laat uitlek het nie.

“Ek het ook niks verder om nou in die media oor die brief te sê nie en sal dit in die volgende vergadering van SA Rugby bespreek,” sê Rademan.

Rapport het Sondag berig dat Rademan aan die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) geskryf en gevra het dat hy sy besluit dat die OP nie in die Premierliga gaan speel nie, moet “hersien”.

Volgens Rademan ontwikkel die OP jaar ná jaar spelers net vir die ander unies om daardie manne dan te gaps.

Dit is veral die etniese swart spelers wat gulsig deur ander unies opgeraap word.

Ek het ook niks verder om nou in die media oor die brief te sê nie en sal dit in die volgende vergadering van SA Rugby bespreek.
André Rademan

Indien die OP in die Premierliga van die Curriebeker-reeks wil speel, sal hy meer geld van Saru kry en sal hy sy spelers kan behou.

“Die feit is dat 99,9% van die etniese swart spelers wat vir ander unies speel van die Oos-Kaap afkomstig is,” skryf Rademan glo onder meer.

In die Curriebeker-eindstryd tussen die Blou Bulle en die Haaie was daar verskeie spelers in aksie wat in die Oos-Kaap gebore is, daar junior rugby gespeel het of eerste deur die OP of die Southern Kings speelkans gegee is.

In die Haaie se groep was daar nege spelers met Oos-Kaapse bande, naamlik Aphelele Fassi, Lukhanyo Am, Yaw Penxe, Curwin Bosch, Sikhumbuzo Notshe, Mzamo Majola, Thembelani Bholi, Sanele Nohamba en Jeremy Ward.

In die Bulle se geledere was daar drie, naamlik Elrigh Louw, Sintu Manjezi en Lizo Gqoboka.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Oostelike Provinsie  |  Sa Rugby  |  André Rademan  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.