Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
OP behou omstrede raadslid

Die huidige wrywing tussen die Southern Kings-franchise en die Oostelike Provinsie Rugbyunie (OPRU) is grotendeels “groeipyne”, sê André Rademan, president van die OPRU.

André Rademan, president van die Oostelike Provinsie Rugbyunie. Foto: Willemien Green

Rademan het al die betrokke partye tot kalmte gemaan ná omstrede uitlatings onlangs deur een van die Kings- en OPRU-raadslede, Bantwini Matika, tot ’n polemiek gelei het.

“Altwee groepe besef nou dat daar beter kommunikasie en deursigtigheid tussen hulle moet wees,” sê Rademan.

Die Kings het onlangs versoek dat die OPRU Matika – wat die voormalige Springbok-afrigter Nick Mallett onder meer ’n rassis genoem het – moet terugroep.

Matika was ook ontsteld omdat dit vir hom gelyk het of die Kings nie transformasie waarlik op die hart dra nie.

Die OPRU het toe die afgelope naweek vergader en die meerderheid van die unie se klubs was van mening dat Matika moet bly.

In ’n verklaring wat die OPRU uitgereik het, sê die unie dat Matika sy uitlatings in sy “eie hoedanigheid” gemaak het.

“Ons as klubs glo dat daar heelwat meriete was in van die dinge wat meneer Matika gesê het, hoewel die platform wat hy gebruik het nie noodwendig die beste metode was nie,” lui die verklaring.

Bantwini Matika is vinnig besig om hom as ’n omstrede rugbybeampte te vestig. Foto: Michael Green

“Daar was berigte dat daar meer veranderinge aan die Kings se afrigtings- en bestuurspanne gaan kom sonder ons kennis of deelname.

“Dit is nie aanvaarbaar nie. Ons doen dus ’n beroep op die OPRU en die aandeelhouers om in die toekoms beter met mekaar te kommunikeer.”

Die franchise se aandeelhouers sal volgens ’n woordvoerder van die Kings nou ’n vergadering hou waar daar oor Matika se lot gestem sal word.

Die franchise wou nie verder enige kommentaar oor die kwessie lewer nie.

Rademan het ook bevestig dat Shaheed Patel intussen besluit het om uit die Kings-raad te bedank. Patel, wat ook op die OPRU se uitvoerende bestuur gedien het, gaan blykbaar meer tyd aan sy ander belangstellings gee.

Die OPRU sal nou moet vergader om iemand te kies om Patel se plek te vul.

Rademan het ook aangekondig dat Thando Manana as die OPRU se hoofbestuurder aangestel is.

Manana is tans die president van die Madibaz-rugbyklub.

Meer oor:  Bantwini Matika  |  Kings  |  Nick Mallett
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.