Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
OP gaan straks oud-Kings inspan

Twee spelers wat in 2013 deel van die Southern Kings se groep was, kan danksy hul ervaring nog baie vir die Oostelike Provinsie in die komende SuperSport Uitdaag-reeks beteken.

Die vleuel Marcello Sampson en skrumskakel Boela Abrahams was in 2013 nog blinkoog oor rugby.

Boela Abrahams in 2014 toe hy saam met die Springbokke geoefen het. Foto: Gallo Images

Sedertdien het daar heelwat gebeur en albei spelers het wye draaie in die rugbywêreld gegooi.

Sampson het in 2013 gereeld vir die Kings en die OP gespeel. Toe die Kings uit Superrugby geskop is, is hy eers Pumas en daarna na die Westelike Provinsie toe.

Die afgelope paar jaar het die 32-jarige Sampson klubrugby in die WP gespeel.

Abrahams is in 2013 deur die breier Alan Solomons by die Kings betrek, maar hy het net by die OP speelkans gekry.

Die volgende jaar is die skrumskakeltjie na die Griffons waar hy uitgeblink het.

Hy was daardie jaar die Eerste liga se Speler van die Jaar en is ook ’n keer genooi om saam met die Springbokke te oefen.

Hy het aangehou om vir die Griffons uit te blink voordat hy by die SWD-Arende en die Luiperds gaan draai het.

Marcello Sampson het ook ’n tyd lank vir die Pumas gespeel. Foto: Gallo Images

Sampson en Abrahams is tans twee van nege spelers wat kontrakte met die OP het.

Dié nege, en ’n groep klubspelers, oefen al sedert Oktober verlede jaar gereeld onder die wakende oog van die afrigter, Chumani Booi.

Die ander gekontrakteerde spelers is Vukile Sofisa (stut), Diego Williams (flank), Zingisa April (slot), Luigi van Jaarsveld (flank), Richmond Gora (skrumskakel), Keanu Vers (heelagter) en Rock Dlwenge (slot).

Booi het reeds met Robbi Kempson, die waarnemende afrigter van die Kings, gesels oor die moontlikheid om van die franchise se spelers te gebruik in die SuperSportreeks.

Kempson is glo daarvoor te vinde, maar die Kings se raad sal daaroor moet besluit.

Daar sal glo teen die einde van die week ’n besluit geneem word oor die leenspelers.

Meer oor:  Oostelike Provinsie  |  Op  |  Southern Kings  |  Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.