SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Rugby
OP-o.21’s dalk nie teen ‘sterker’ spanne

Die Oostelike Provinsie se o.21-rugbyspan kan dalk onttrek word aan ván sy wedstryde in die provinsiale reeks.

André Rademan, die OP-president. Foto: Argief

Dit volg nadat die Goue Leeus die afgelope naweek die OP met 120-0 afgeslag het.

“Ons moet nog finaal besluit, maar dis moontlik dat die o.21’s nie teen van die sterker spanne in die reeks gaan speel nie,” sê André Rademan, die president van die OP Rugbyunie (OPRU).

Die OP se junior spanne is veronderstel om hierdie naweek in Durban teen die Haaie te speel.

Hoewel dit ook maar beroerd met die OP se o.19’s gaan, sal die span glo sy twee laaste bepalings eerbiedig.

Die o.19’s kon sover nie een van hul sewe wedstryde wen nie – hulle het 503 punte afgestaan en net 61 aangeteken.

Rademan is hoopvol dat die OPRU binnekort in samewerking met die Nelson Mandela-Universiteit weer ’n akademie op die been sal bring.

Toe die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) sy akademie in Port Elizabeth verlede jaar gesluit het, het junior rugby in die streek met rasse skrede agteruit gegaan.

Dit gaan tans ook maar sukkel-sukkel met die OP se senior span in die Curriebeker-reeks se Eerste Liga.

Die OP, wat uit klubspelers gekies word, het sy eerste wedstryd in hierdie seisoen se reeks verlede week met 12-70 teen die Boland in Robertson verloor.

Hierdie week het die OP ’n loslootjie, aangesien die Welwitschias van Namibië weens finansiële oorwegings verlede week uit die Eerste Liga onttrek het.

* ’n Woordvoerder van Saru het intussen bevestig dat Grens se o.20-span hom aan vanjaar se provinsiale reeks onttrek het.

Grens Rugbyunie gaan gebuk onder geldelike probleme en daar is ook al berig dat verskeie senior spelers dreig om die unie hof toe te neem oor agterstallige salarisse.

Meer oor:  Op  |  Kings  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.