Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
OP glo vasbeslote om te speel
Dit klink of die Oostelike Provinsie wel hierdie naweek in ’n Eerste Liga-wedstryd in Gqeberha teen die Luiperds gaan speel. Foto: Gallo Images

Ondanks die span se teëspoed met Covid-19-infeksies, wil dit voorkom asof die Oostelike Provinsie wel Saterdag in Gqerberha in ’n Eerste Liga-wedstryd teen die Luiperds gaan speel.

Daar was ’n moontlikheid dat dié rugbywedstryd afgestel sou word nadat 11 van die OP se spelers, asook hul afrigter, Peter de Villiers, verlede week positief getoets is vir Covid-19.

Dit klink egter asof die meeste van die spelers net ligte simptome van die siekte toon en nie ernstig siek is nie.

Al die spelers van die OP sal Donderdag weer getoets word voordat daar glo finaal ’n besluit geneem sal word oor die kragmeting.

Amptelik kon daar nie Dinsdag kommentaar van die unie gekry word nie, maar dit klink asof die OP vasbeslote is om sy wedstrydverpligting na te kom.

Hoewel die OP net ’n klein groep spelers vir die Curriebeker-reeks se Eerste Liga gekontrakteer het, is daar meer spelers wat gewoonlik saam oefen.

Die spelers wat nie in kwarantyn is ná verlede week se Covid-19-toetse nie, oefen steeds op hul eie tuis.

Die OP behoort dus heel maklik ’n 23-tal vir die kragmeting met die Luiperds bymekaar te kan kry.

Hoe goed dié span sonder behoorlike voorbereiding op die veld sal vertoon, is natuurlik ’n ander storie.

Meer oor:  Op Olifante  |  Luiperds  |  Eerste Liga  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.