Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
OP-president op ventilator weens Covid-19
André Rademan, die OP Rugbyunie se president, is tans in ’n stryd teen Covid-19 gewikkel. Foto: Michael Green

Die Oostelike Provinsie Rugbyunie steier steeds onder die Covid-19-pandemie. Sy president, André Rademan, is weens die siekte na die hoësorgeenheid van ’n hospitaal in Gqeberha oorgeplaas.

Rademan was volgens sy vrou, Carol, die vorige paar dae in die hospitaal se gewone saal “op suurstof, drips en medisyne”.

Sy het Maandag op haar man se Facebook-blad gevra mense moet vir Rademan bid.

“Hy is baie moeg en fight die Covid met alles wat hy het. Dokter sê hy gaan nog so tien dae moet bly. Bly asb. bid vir hom,” het Rademan se vrou geskryf.

Dinsdag teen middagete se kant het Carol laat weet dat haar man ongelukkig nou op ’n ventilator in die hospitaal se hoësorgeenheid is.

Na verneem word, gaan dit glo darem beter met die afrigter van die OP-span, Peter de Villiers, wat weens Covid-19 ook ’n tyd lank by sy huis in afsondering was.

Die spelers wat twee weke gelede positief getoets is vir die siekte, begin ook stadig na die oefenveld terugkeer.

Die OP speel Saterdag in Welkom in ’n Eerste Liga-wedstryd teen die Griffons.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.