Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
OP sal vanjaar Bok of 2 oplewer, sê Div
Die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit het ’n vennootskap met die Oostelike Provinsie Rugbyunie aangegaan en sal die unie help waar hy kan. Die unie is egter steeds op soek na borge. Hier is die OP-afrigter, Peter de Villiers (links), saam met die Baai se onder-burgemeester, Tsonono Buyeye. Foto: Michael Green

Hy voorspel dat een of twee van sy Oostelike Provinsie-spelers vanjaar in die Springbok-groep opgeneem sal word, sê die OP-breier, Peter de Villiers.

Die “nuwe” Olifante kry Sondag hul eerste kans om hul talente uit te stal wanneer hulle in die voorbereidingsreeks teen die Bulle in Pretoria speel.

“Die spelers beskou hierdie reeks as ’n groot geleentheid om te wys wat in hulle steek. Hulle is ongelooflik opgewonde en ek voorspel dat een of twee hierdie jaar in die Springbok-groep gaan wees,” sê De Villiers.

Dit sal my grootste prestasie wees. As hulle kan uitgaan en hul kanse aangryp.
Peter de Villiers

“Dit sal my grootste prestasie wees. As hulle kan uitgaan en hul kanse aangryp.”

De Villiers sê hy byt nie aan die storie dat die voorbereidingreeks nie veel beteken nie.

“Almal noem dit iets anders. Baie ouens noem dit ’n voorbereidingsreeks. Ander sê dit ’n vriendskaplike wedstryd, maar as jy eers op die veld is, is dit vlees teen vlees, kop teen kop, en lyf teen lyf,” sê hy.

Oor stories dat die Bulle ’n B-span teen die OP gaan kies, is hy ook uitgesproke.

Die jong vooryman Lupumlo Mguca speel deesdae met nuwe ywer rugby sedert Peter de Villiers hom afrig. Foto: Gallo Images

“Elke afrigter kan die span kies wat hy wil, maar ek dink nie hulle (die Bulle) gaan in ’n second string jersey speel nie. Ek verwag hulle gaan Bulle-truie dra. Watter span ook al op die veld draf, sal ’n Bulle-span wees,” sê hy.

“Wie ook al gekies word, dit verander niks aan die wyse waarop ons voorberei het nie. Ons het voorberei om teen die Bulle te speel en die span wat teen ons gaan speel, sal ’n Bulle-span wees.”

De Villiers het, soos verwag, die voormalige losskakel van die Haaie Inny Radebe as sy kaptein aangewys.

Hy het effens verras deur die vaskopstut Lupumlo Mguca sy onderkaptein te maak.

“Almal in die span respekteer Pummies (Mguca). ’n Mens kry verskillende soorte leiers. Hy is een van daardie ouens wat blindelings gevolg word,” sê De Villiers.

Nie so lank gelede nie het Robbi Kempson, die voormalige Southern Kings-afrigter, nog Mguca se dissipline bevraagteken.

Mguca sê self hy is verbaas om as een van die leiers in die span gekies te word.

Hy het egter die afgelope klompie weke soos ’n besetene geoefen en is vasbeslote om sy volle potensiaal as speler te bereik.

Die OP-span is (met klub in hakies):
Riaan Arendse (Progress), Josiah Twum-Boafo (Madibaz), Christopher Hollis (Madibaz), Sherwin Slater (Harlequins), Qeutyne Oerson (Harlequins), Inny Radebe (Spring Rose, k), Luvo Claassen (Madibaz), Luigi van Jaarsveld (Evergreens), Anele Lungisa (Star of Hope), CJ Velleman (Park), Mncedisi Dlwengu (Gardens), Athenkosi Khetani (African Bombers), Lupumlo Mguca (Motherwell), Robin Stevens (Park), Lyle Lombard (Polisie). PLAASVERVANGERS: Sithembiso Befile (Progress), Siyakubonga Nzuzo (Harlequins), Emile Klaasen (Progress), Ronald Scheckle (Polisie), Arnold Kleyn (Progress), Diego Williams (Trying Stars), Josh Alderman (Madibaz), Keanu Vers (Madibaz).


Meer oor:  Inny Radebe  |  Peter De Villiers  |  Port Elizabeth  |  Op Olifante  |  Bulle  |  Voorbereidingsreeks  |  Afrigter  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.