Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Operasie groot knou vir Oupa se WB-kanse
06 September 2018

Oupa Mohoje se Pro14-seisoen is daarmee heen en sy kanse om volgende jaar in die Wêreldbeker-toernooi te speel, is nou ook bitter skraal.

Die Cheetahs se kaptein en losvoorspeler sal Donderdag reeds ’n operasie ondergaan nadat hy kruisligamente in sy regterknie geskeur het in die Cheetahs se eerste Pro14-wedstryd van die seisoen teen Munster. Hy sal ses tot nege maande op die krukkelys wees.

Oupa Mohoje se aspirasies om volgende jaar in die Wêreldbeker-toernooi vir die Springbokke te speel, is ’n groot knou toegedien. Foto: Getty Images

Mohoje se drome om volgende jaar saam met die Springbokke na die Wêreldbeker-toernooi in Japan te gaan, lê straks ook aan skerwe.

“Voor dié besering was my plan om met goeie spel (in die Pro14-reeks) my naam in die hoed te gooi by die Bokke en minstens na ’n oefenkamp voor die Wêreldbeker-toernooi genooi word.

“Dit is egter nou belangrik om so gou moontlik weer reg te wees om te speel,” sê ’n teleurgestelde Mohoje.

Dié 28-jarige Vrystater het reeds in 19 toetse vir die Springbokke uitgedraf en was nog in Junie, by die toetsreeks teen Engeland, by die nasionale span betrokke.

“Ek het in Junie laas met Rassie (Erasmus, Springbok-afrigter) gepraat en die Pro14-reeks het intussen begin en dit is waar my fokus was.”

Mohoje is vroeër as die Cheetahs se Pro14-kaptein aangewys en dit is nog onseker wie nou dié rol gaan vervul.

Die Cheetahs se breier, Franco Smith, sal Vrydag met die bekendmaking van sy span vir Saterdag se wedstryd teen die Ospreys in Swansea, sê wie voor gaan draf in Wallis.

Mohoje se kapteinskap in die Pro14-reeks het ’n skrale 13 minute geduur voordat hy die veld met die kniebesering moes verlaat.

Hy het die Vrystaat-Cheetahs in hulle eerste twee Curriebeker-wedstryde teen die Blou Bulle en die Westelike Provinsie ook aangevoer.

“Dit was ’n taai begin tot die Pro14-reeks en ek gaan die spelers mis. Ons het ’n baie hegte groep spelers bymekaar en hulle moet nou saamstaan.

“Verlede week was nie die ideale begin nie, maar ek bly hoopvol dat dit beter sal gaan soos die reeks vorder,” sê Mohoje.

Meer oor:  Oupa Mohoje  |  Besering  |  Pro14  |  Cheetahs  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.