Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dyantyi gaan bevinding teenstaan

Die Springbok-vleuel Aphiwe Dyantyi en sy regspan gaan ’n bevinding dat hy verbode middels gebruik het, teenstaan.

Khalid Galant, die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids), het aan Netwerk24 bevestig Dyantyi en sy regspan is in die proses om bewyse vir hul saak in te samel.

“Geen verhoordatum is al vasgestel nie,” sê Galant.

Aphiwe Dyantyi gaan die bevinding dat hy verbode middels gebruik het, teenstaan. Foto: Gallo Images

Saids het op 30 Augustus bevestig die anaboliese steroïede metandiënoon, metieltestosteroon en LGD-4033 is tydens ’n lukrake toets op 2 Julie in Dyantyi se bloed gevind.

Dyantyi (25) het reeds voor sy B-monster se uitslae bekendgemaak is, bevestig hy het positief getoets en ontken dat hy met opset of weens nalatigheid verbode middels ingekry het.

Die middels wat in sy bloed gevind is, regverdig volgens die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels, Wada, ’n skorsing van vier jaar.

Dyantyi is op 15 Junie ook getoets en geen tekens van verbode middels is tóé gevind nie.

Die onus rus nou op hom om te bewys hy het nie met opset verneuk nie, of was nie nalatig nie, het die sportdokter Jon Patricios vroeër aan Netwerk24 gesê.

Patricios dink dit is onwaarskynlik dat Dyantyi die middels per ongeluk ingeneem het en het gesê die betrokke middels, word algemeen deur atlete gebruik wat met opset verneuk. Dit is middels wat ook gereeld deur liggaamsbouers gebruik word om spiere te bou.

As die saak van ’n ander Springbok in ’n soortgelyke posisie enigsins ’n aanduiding is, kan Dyantyi se verhoorproses lank sloer.

Die voormalige Bok-haker Chiliboy Ralepelle het in Januarie positief getoets vir die groeihormoon seranol.

Hy staan ook dié bevinding teen.

Die saak het sedertdien gesloer, onder meer omdat Ralepelle van regspanne verander het.

“Chiliboy het Sondag sy derde verhoor gehad en dit is nou weer uitgestel tot 4 Oktober. Ek is nie seker wanneer dit gaan eindig nie,” sê Galant.

Dyantyi se agent, die prokureur Gert van der Merwe, het nie op navrae gereageer nie.

Meer oor:  Verbode Middels  |  Bokke  |  Saids  |  Aphiwe Dyantyi  |  Leeus  |  Toetsrugby  |  Springbokkewêreldbekerrugby  |  Opkikkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.