Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
O’Shea roep vroeg halt as Italië se breier
Die Springbokstut Steven Kitshoff bars weg van ’n Italiaanse verdediger in verlede maand se WB-toernooi in Japan. Dié kragmeting was een van 31 wat die Italianers onder hul afrigter, Conor O’Shea, verloor het. Foto: Gallo Images

Die Italiaanse rugbyspan se Ierse afrigter, Conor O’Shea, het bedank ses maande voordat sy kontrak van vier jaar tot ’n einde sou kom.

O’Shea, wat in Maart 2016 aangestel is, was veronderstel om die leisels tot aanstaande jaar in Mei te hou.

Hy word verbind met ’n skuif na die Engelse Rugbyunie (RFU).

“Ek het elke oomblik geniet wat ek in Italië deurgebring het en ek het geglo in dit wat ons wou doen,” het O’Shea volgens ’n nuusverklaring van die Italiaanse Rugbyfederasie (FIR) gesê.

“Ons het ’n proses begin en nuwe hoop gevestig, maar ek glo ook dat die einde van ’n WB-toernooi die beste tyd vir almal is om verandering aan te bring.”

Italië het slegs nege van die 40 toetse gewen waarin hy in beheer was en 31 verloor. Die Azzurri het vanjaar ook al hul Sesnasies-wedstryde verloor en kon nie verder as die Wêreldbeker-uitspeelrondes vorder nie.

O’Shea glo hy het goeie vordering gemaak en die regte strukture geskep waarby Italiaanse rugby baat kan vind.

“Die jongelinge wat deurkom, sluit hulle by ’n stelsel aan wat oor die volgende paar jaar kan verbeter as die regte besluite steeds geneem word,” het O’Shea bygevoeg.

Die Daily Telegraph het verlede maand berig dat O’Shea reeds voor die Sesnasiesreeks in 2020 in ’n nuwe pos by die RFU aangestel sal word, waar hy saam met die Engelse afrigter, Eddie Jones, sal werk.

“Ons is jammer oor Conor se besluit om nie sy kontrak tot aan die einde deur te voer nie. Ons dank aan hom vir die rol wat hy gespeel het en die passie wat hy getoon het en wens hom alle voorspoed vir die toekoms toe,” het Alfredo Gavazzi, president van die FIR, in die nuusverklaring gesê. – Reuters

Meer oor:  Italië  |  Conor O'shea  |  Sesnasiesreeks  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.