Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ottis moet glo weer aansoek doen om sy pos

Ottis Gibson, die Protea-hoofafrigter, sal glo weer vir sy pos moet aansoek doen.

Gibson, wat aan die stuur van die Proteas se rampspoedige Wêreldbeker-veldtog in Engeland was, se kontrak verstryk in September. As hy die versoek om heraansoek te doen as ’n “mosie van wantroue” in sy vermoë sien en weier om dit te doen, kan dit die getal bestuurslede wat ná die toernooi die span verlaat, nóg meer laat styg.

Ottis Gibson

Lerato Malekutu, mediabestuurder van die span, het ná tien jaar bedank. Die spandokter en -bestuurder, dr. Mohammed Moosajee, het aangedui hy gaan nie langer aanbly nie.

Linda Zondi, sameroeper van die keurkomitee, se termyn het ook ten einde geloop.

KSA se strategie om ’n breier te vra om heraansoek om sy pos te doen, is nie ongehoord nie. Russell Domingo, Gibson se voorganger, is in 2017 op toer in Engeland gevra om dieselfde te doen.

Die Proteas het daardie toetsreeks met 1-3 verloor en Gibson, wat Engeland se boulafrigter was, het in September van daardie jaar by Domingo oorgeneem.

KSA het oor die laaste paar maande gemengde boodskappe oor Gibson uitgestuur. Halfpad deur die toernooi het Chris Nenzani, KSA se president, gesê “koppe sal rol”. Voor die toernooi het Thabang Moroe, KSA se hoof, eers gesê Gibson móét die WB wen, voordat hy later gesê het die raad sal tevrede wees as hy minstens die eindstryd haal.

Dit is nietemin te betwyfel of daar baie mense sal wees wat Gibson se werk sal wil hê terwyl die Pro­teas só onderpresteer.

Paddy Upton, wat gemengde welslae behaal het as IPL-afrigter, kan dalk aansoek doen. So ook Gary Kirsten, voormalige Protea-afrigter.

Koketso Gaofetoge, KSA se mediabestuurder, sê ’n mediaverklaring sal môre uitgereik word.

  • Intussen berig die BBC dat Mickey Arthur, Pakistan se afrigter, se naam saam met dié van Gibson en Kirsten opduik as ’n moontlike opvolger vir die Engelse afrigter, Trevor Baylis.

Baylis, ’n Australiër, lê die tuig aan die einde van die reeks om die As neer.

Die Engelse krieketbase het gesels met Arthur, wat vroeër ook Suid-Afrika en Australië afgerig het.

Gibson het in Mei gesê hy sal “in sy noppies sal wees om met enige pos verbind te word”.

Meer oor:  Ottis Gibson  |  Pos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.