Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-All Black gevonnis oor geweld
Carl Hayman erken hy het ’n drankprobleem gehad. Foto: Getty Images

Die voormalige All Black-stut Carl Hayman is ’n opgeskorte vonnis van vier maande weens gesinsgeweld opgelê.

Stuff berig Hayman (39) erken hy het aan die einde van sy loopbaan “probleme met alkohol” gehad.

Hy het op verskeie klagte van geweld teen sy vrou tussen 2016 en 2018 tereggestaan, insluitend ’n “gewelddadige klap” wat haar genoop het om drie dae verlof te neem.

Hy is ook aangekla van sielkundige skade, lastige oproepe en beledigings.

Hy is Maandag in ’n hof in Pau, Frankryk, gevonnis. Hayman was die voorspelerafrigter van Pau se Top-14-span voordat hy in Januarie die trekpas gekry het weens ’n onderonsie met van die spelers wat hy gebrei het.

Hayman, wat in 45 toetse vir die All Blacks gespeel het, was sedert 2016 Pau se voorspelerafrigter nadat hy die Top-14-kroon en drie Europese titels as ’n speler saam met Toulon verower het.

Verskeie oud-All Blacks soos die senter Conrad Smith en die losskakel Colin Slade is by die klub betrokke.

– Sportredaksie

Meer oor:  Gesinsgeweld  |  Top14  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.