Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘So dronk, hy besef nie hy slaan vrou’

’n Regter het vir die tweede keer aan ’n voormalige All Black, wat erken het dat hy in sy dronkenskap ’n vrou met die vuis in die gesig geslaan het, gesê dat sy naam aan die publiek bekendgemaak moet word.

Stuff berig sy naam mag egter steeds nie gepubliseer word nie, ingeval die man weer appelleer teen die hofbeslissing. Die redes vir die uitspraak van die hooggeregshof in Hamilton in die appèlsaak mag ook nog nie gepubliseer word nie.

Sy prokureur het in ’n vorige hofverskyning beweer die man was destyds so besope dat hy nie besef het hy slaan ’n vrou nie.

Die slagoffer ondersteun die voormalige All Black se hofaansoek om sy naam permanent geheim te hou. Foto: Getty Images

Die rugbyspeler het ook misluk met sy appèl teen sy vonnis vir die voorval in Desember 2019, wat intensiewe toesig van twee jaar behels.

Regter Robert Spear het in Januarie die voorval as barbaars en ysingwekkend beskryf.

Die man was uiters dronk toe sy vriende aanbied om hom huis toe te neem. Hy het die vrou sonder waarskuwing geslaan terwyl hulle in die motor gery het.

Nie hy of die slagoffer kan onthou wat die oorsaak van die aanranding was nie, maar dit is glo aangevuur deur ’n opmerking oor ’n familielid.

“Dit was ’n barbaarse vuishou gemik op ’n niksvermoedende vrou en dit het aansienlike beserings veroorsaak,” het Spear destyds gesê.

Die man het aan sy slagoffer om verskoning gevra en sê daar gaan nie ’n dag verby dat hy nie aan die voorval dink nie. Hy het ook skadevergoeding aan haar betaal.

Sy het die man se hofaansoek om sy naam permanent geheim te hou, ondersteun.

Spear het gesê hy is “uiters bekommerd oor wat die beskuldigde kan aanvang” indien sy drinkery nie onder bedwang gebring word nie.

“Dit is duidelik dat enigiemand wat met jou in aanraking kom, moet weet wat gebeur wanneer jy besope raak,” het Spear gesê.

Die voormalige All Black se naam bly vir nog 20 werksdae geheim, ingeval hy vir ’n tweede keer teen die beslissing wil appelleer. Die tussentydse hofbevel dat sy naam geheim gehou word, sal ná daardie tydperk verval indien hy nie sou appelleer nie.

– Sportredaksie

Meer oor:  Robert Spear  |  Aanranding  |  Toetsrugby  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.