Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-All-Black tree uit weens kopbeserings

Die voormalige All Black-haker James Parsons het weens knaende harsingskuddingsimptome ’n einde gebring aan sy rugbyloopbaan.

Stuff berig Parsons (34) is einde verlede jaar in die Blues se groep ingesluit vir 2021 se Aotearoa-veldtog, maar het Donderdag ná mediese advies uitgetree.

James Parsons word ondersoek ná die hoeveelste kopstamp in sy loopbaan teen die Crusaders in Julie 2020. Foto: Getty Images

“Dit gaan nie vir my oor hartseer nie, dit gaan vir my oor feesviering. Ek was bevoorreg om albei my tuisspanne, die Blues en North Harbour, elkeen in meer as 100 wedstryde te verteenwoordig. Benewens dit, om twee toetse vir die All Blacks te speel, is iets wat ek nooit sal vergeet nie,” sê hy.

Parsons (115 wedstryde) is op vier die mees ervare Blues-speler na Keven Mealamu, Jerome Kaino en Tony Woodcock.

Hy is een van toenemende spelers wie se loopbaan deur kopbeserings kortgeknip is.

Parsons het ’n groot deel van verlede jaar se Aotearoa-reeks, Nieu-Seeland se plaaslike Superrugby-kompetisie, misgeloop. Hy het hom egter op televisiekommentaar toegespits, ’n paadjie wat hy beplan om voortaan voltyds te volg.

“Ek het in my loopbaan verskeie vaardighede bestudeer en bemeester, op en van die veld af. Ek sal dit gebruik in die volgende fase van my lewe,” sê hy.

“Een ding is seker: Ek is lief vir hierdie spel en sal betrokke bly en sien daarna uit om terug te ploeg.”

Die Blues het nog nie ’n plaasvervanger vir Parsons bevestig nie.

– Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.