Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-All Black wat vrou slaan, appelleer

’n Voormalige All Black appelleer teen ’n vonnis wat hy gekry het vir ’n “barbaarse” aanval sonder aanleiding op ’n jong vrou en probeer verhoed dat sy naam gepubliseer word.

Die identiteit van die skuldige voormalige All Black-speler word beskerm. Foto: Getty Images

Stuff berig die man, wat in Januarie gevonnis is vir die aanranding in Desember 2019 toe hy onder die invloed van alkohol ’n vrou met ’n vuis in die gesig geslaan het, se identiteit mag nie bekend gemaak word nie.

Die rugbyspeler probeer sy naam geheim hou, glo om trolle op die internet te vermy.

Regter Robert Spear het die man destyds tot twee jaar se intensiewe waarneming en gereelde afsprake met ’n regter gevonnis. Die man poog nou om die vonnis om te keer.

Spear het destyds by die vonnisoplegging gesê die man was so dronk dat hy “op die uitsonderlikste wyse opgetree het deur iemand met die vuis te slaan wat niks verkeerds gedoen het nie en eenvoudig op die verkeerde tyd op die verkeerde plek was”.

Enigiemand wat nou met jou te doen kry, moet weet wat gebeur as jy dronk word.

Die slagoffer se neus het gebloei en sy is vir kneusplekke op haar gesig behandel.

Spear het beslis die man se naam moet gepubliseer word.

“Enigiemand wat nou met jou te doen kry, moet weet wat gebeur as jy dronk word. Jy moet grootword en hieroor kom. Jy kan dit nie doen deur weg te kruip nie,” het Spear in Januarie gesê.

Rob Quin, die man se regsverteenwoordiger, voer aan sy kliënt het die kans om beroepsrugby oorsee te speel, maar nie terwyl hy onder ’n bevel van intensiewe waarneming is nie.

Quin sê ook die man se identiteit moet geheim gehou word om hom van internettrolle te beskerm. Hy sê die groot mediabelangstelling in die saak verseker die moontlikheid dat hy in die openbaar en aanlyn verneder sal word indien sy naam gepubliseer word.

Die man se slagoffer ondersteun glo sy aansoek dat sy identiteit permanent beskerm word.

Die voormalige All Black se naam mag nie bekend gemaak word terwyl die saak voortduur nie. – Sportredaksie

Meer oor:  All Black  |  Gesinsgeweld  |  Aanranding  |  Toetsrugby  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.