Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
All Black wou rugby weens depressie los
Lima Sopoaga op die aanval vir Nieu-Seeland tydens ’n toets teen Italië in 2016 in Rome. Foto: Getty Images

Daar was ’n tyd wat die voormalige All Black Lima Sopoaga so met sy geestesgesondheid gesukkel het, dat hy rugby gehaat en dit selfs oorweeg het om die spel vaarwel toe te roep.

Toe die 29-jarige Sopoaga, ’n losskakel, hom in 2018 by die Engelse klubspan Wasps aangesluit het, het hy met die intrapslag aanpassingsprobleme begin ervaar.

Hoewel hy nou ’n vet salaris sou verdien, was daar ook skielik hoë verwagtinge, soos om die skoene van Danny Cipriani vol te staan, wat Wasps gegroet en by Gloucester aangesluit het. Dít in ’n nuwe land tussen nuwe mense, waar die kleinste molshoop skielik soos ’n berg vir Sopoaga begin lyk het.

Dit alles het die spreekwoordelike swart hond vir dié voormalige All Black, wat sy land in 16 toetse tussen 2015 en 2017 verteenwoordig het, laat ontwaak.

“Ek het waarskynlik die spel vir die grootste gedeelte van my eerste jaar (in Engeland) gehaat. Daar was beslis tye wat ek gewonder het of ek wil voortgaan om rugby te speel,” het Sopoaga aan rugbypass.com gesê.

“My geestesgesondheid het ’n knou gekry. Ek was naïef om te dink dat om na die ander kant van die wêreld te verhuis nie my huislewe en persoonlikheid sou beïnvloed nie.

“Ek het gedink ek sou net na ’n ander land kom, ’n huis kry, ’n kar kry, gaan oefen, weer huis toe kom en my lewe geniet.

Ek was naïef om te dink dat om na die ander kant van die wêreld te verhuis nie my huislewe en persoonlikheid sou beïnvloed nie.
Lima Sopoaga

“Jy probeer voor die handliggende dinge uitwerk, soos by watter supermark om jou inkopies te doen, waar om jou erfbelasting en versekering te betaal en watter dokter jou gesin moet besoek. Selfs in ’n Engelssprekende land was dit moeilik.

“Wat dinge bemoeilik het, is dat die klub nie goed gevaar het (op die veld) nie, en ek ook nie goed gespeel het nie. Dit het ’n uitkring-effek gehad,” het hy gesê.

’n Dokter by Wasps het gesien dat die Kiwi deur ’n moeilike tyd gaan, en kort daarna het hy berading gekry, wat hom gehelp het met die aanpassing en hom lewensvreugde verskaf het – en ook ’n ander uitkyk op die lewe besorg het.

“Ek was vir ’n lang tyd baie ongelukkig, maar ons (hy en sy gesin) het daardeur gekom. Ek het twee kinders agter wie ek kan aanhardloop en hulle bring soveel vreugde in my lewe. As jy tuiskom gee hulle nie om of jou span gewen of verloor het nie.

“ ’n Bietjie perspektief is altyd goed vir ons rugbyspelers, want somtyds word ons so vasgevang in wen en verloor,” het Sopoaga gesê. – Sportredaksie

Meer oor:  Wasps  |  Depressie  |  Swart Hond  |  Lima Sopoaga  |  Toetsrugby  |  All Blacks  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.