Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-Bok Arno draf nou vir Munster uit

’n Voormalige kaptein van die Junior Springbokke, Arno Botha, het ’n jaarkontrak met Munster in Ierland gesluit.

Arno Botha vir London Irish in aksie in ’n wedstryd teen Wasps in Engeland. Foto: Getty Images

Dié rugbyklub word deur die Suid-Afrikaner Johann van Graan afgerig, met Rassie Erasmus, die Springbok-afrigter, wat voor hom daar aan die stuur was.

Botha (26), tans verbonde aan die London Irish-rugbyklub in Engeland, sal hom aan die begin van die 2018-’19-seisoen by Munster aansluit, mits hy medies geskik is en ’n werkpermit kan bekom.

Botha en London Irish se paaie skei nadat dié span uit die Engelse Premierliga gerelegeer is.

Dié losvoorspeler sou hom in 2017 vanaf die Bulle by ’n ander Ierse provinsie, Ulster, aangesluit het. Dit het egter deur die mat geval weens ’n kniebesering wat Botha opgedoen het.

Botha, wat as junior speler as ’n toekomstige Bok-kaptein bestempel is, loop nog strykdeur sy loopbaan onder beserings deur.

Hy het in 2013 in sy tweede en laaste toets vir die Springbokke sy knieligamente geskeur. Hy het dieselfde knie weer aan die begin van 2014 beseer.

In 2015 het hy ’n borsbesering opgedoen en die jaar daarna het hy sy skouer ontwrig en moes hy ’n operasie ondergaan.

Arno Botha se loopbaan by die Bulle is deur beserings gekortwiek. Foto: Getty Images

Nietemin het Munster en Ierland se rugbyunie besluit om Botha, wat in Suid-Afrika net vir die Bulle gespeel het, ’n jaar by die klub te betrek.

Van Graan het Botha by Limerick, waar Munster gesetel is, verwelkom.

“Ons is besig om ons groep te bou vir aanstaande seisoen en ek glo Arno sal ’n groot aanwins vir ons span wees. Hy verskaf diepte en opsies onder ons losvoorspelers,” sê Van Graan.

“Toe ek by die Bulle was, het ek eerstehands beleef waartoe Arno in staat is. Hy is ’n fisieke baldraer en lynstaanspringer wat deur sy voorbeeld lei. Hy het ’n uitstekende werketiek op die veld en is toegewyd.”

Botha, wat van Modimolle af kom, sal darem gereeld Afrikaans kan praat by sy nuwe klub.

Benewens Van Graan wat afrig, is Chris Cloete, Jaco

Taute, Jean Kleyn en CJ Stander almal spelers by Munster.

Meer oor:  Munster  |  Arno Botha
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.