Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ashley breier in Engelse 3de liga
Ashley Johnson gaan nou afrig, maar het nie heeltemal sy stewels weggepak nie. Foto: Getty Images

Die voormalige Springbok-losvoorspeler Ashley Johnson het hom by die Engelse klubspan Birmingham Moseley as afrigter en speler aangesluit.

Johnson (34), ’n Kapenaar van geboorte wat Suid-Afrika in drie toetse verteenwoordig het, het reeds sedert 2012 ’n tuiste vir homself in Engeland gevind. Hy het die Premierliga-span Wasps in 198 wedstryde tussen 2012 en vanjaar verteenwoordig.

Daar was sprake dat Jake White in Johnson, wat as haker of losvoorspeler diens kan doen, se dienste by die Bulle belanggestel het, maar dié voormalige Cheetah het toe aangedui dat hy eerder op ’n loopbaan as afrigter wil fokus.

Birmingham Moseley ding in die Engelse derde liga mee en sal ingenome wees om iemand van Johnson se statuur in hul midde te verwelkom.

“Ek sien regtig daarna uit om my loopbaan as afrigter by so ’n geskiedkundige klub te begin.

"Dit is perfek vir my om terwyl ek steeds speel die geleentheid te kry om te leer by Adam (Balding, die span se direkteur van rugby) en Glacks (Pete Glackin, afrigter),” sê Johnson in ’n verklaring op die klub se webtuiste. – Sportredaksie

Meer oor:  Ashley Johnson  |  Jake White  |  Engeland  |  Afrigter  |  Rugby  |  Springbok  |  Birmingham Moseley  |  Wasps
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.