Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-Bok Bjorn: ‘Dis vir my kinders’
Bjorn Basson soek deurkomkans teen Argentinië in 2013 in Soweto. Foto: Gallo Images

Wanneer die voormalige Springbokvleuel Bjorn Basson deesdae op die veld hardloop, is een van sy grootste motiverings om sy kinders trots te maak.

Die 33-jarige Basson, wat vleuel of heelagter kan speel, het die laaste van sy 11 toetse in 2013 gespeel.

Verlede seisoen het hy hom weer by Griekwas aangesluit – juis by die unie waar hy in 2010 ’n Bok geword het.

“My grootste motivering is my gesin en die passie wat ek steeds vir die spel het. Ek het seuns wat ook rugby speel en ek weet hulle kyk op na my.

“Hierdie is my geleentheid om hulle te wys waartoe ek in staat is, en om hulle trots te maak. Ek bedoel, ek kan nie vir hulle preek oor fiksheid en vaardighede nie. Ek moet vir hulle wys en deur voorbeeld lei,” sê Basson.

Nadat hy destyds Kimberley gegroet het, het hy draaie by die Bulle, Stormers en die Southern Kings gemaak. Daar is baie jong spelers by Griekwas wat maar te gretig is om te leer by ’n speler wat op die hoogste vlak gespeel het.

Ek het nog nooit my idees, kennis en ervaring op jonger spelers forseer nie, maar ek is altyd bereid om te help waar ek kan en om gedagtes uit te ruil.
Bjorn Basson

“Ek het nog nooit my idees, kennis en ervaring op jonger spelers forseer nie, maar ek is altyd bereid om te help waar ek kan en om gedagtes uit te ruil.

“Ek vertel hulle van die foute wat ek begaan het en die uitdagings, sodat hulle kan beter vaar as ek. Jy kan nie ’n internasionale speler wees met soveel ervaring en nie bereid wees om jou kennis te deel nie.

“Vir ons as mense om te groei, moet ons oral waar ons gaan iets spesiaal agterlaat. Maar net so veel soos wat ek jonges kan leer of as mentor kan dien, leer ek ook nog elke dag by hulle iets,” sê Basson.

Bjorn Basson sit af op ’n lopie tydens ’n Curriebeker-wedstryd in 2010 in Kimberley. Foto: Gallo Images

Soos alle sportmanne en -vroue moes die Poubloues ook hul voorbereiding, wat oefenwedstryde ingesluit, opskort weens die Covid-19-pandemie.

“Ek is 100% daarvan seker dat dit vir almal ’n frustrerende tyd is. Dit is veral moeilik as jy daaraan gewoond is om elke dag op te staan en jou passie op ’n rugbyveld uit te leef.

“Die slegste deel is uit die aard die tekort aan wedstrydtyd, aangesien die staat van inperking net voor ons eerste oefenwedstryd aangekondig is.

“Maar hierdie laat ’n mens ook jou beroep waardeer en dit gee my ekstra motivering om weer te speel. Dit is ’n groot pluspunt om ’n gesin te hê. Ons kry tyd om soveel dinge saam te doen.

“Ek het drie seuns, en om saam met hulle in inperking te wees, is nie speletjies nie. Omtrent 90% van die tyd is my vrou besig om op ons te skreeu om nie in die huis te speel nie.

“Enige tyd wat ’n beroepsportman die geleentheid het om saam met sy gesin tuis te spandeer, is tyd wat gekoester moet word,” sê Basson.

Meer oor:  Bjorn Basson  |  Kimberley  |  Poubloues  |  Heelagter  |  Springbok  |  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.