Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-Bok Botha vir 3 weke geskors
Arno Botha (regs) verwyder sy mondskerm nadat Romain Poite hom van die veld stuur. Foto: Getty Images

Die voormalige Springboklosvoorspeler Arno Botha, wat deesdae sy rugby vir Munster in Ierland speel, is weens gevaarlike spel vir drie weke geskors.

Botha het ’n rooikaart ontvang in sy span se oorwinning met 10-3 teen Saracens in die Europese Kampioenebeker verlede Saterdag.

Romain Poite, die skeidsregter, het Botha in die 81ste minuut van die veld gestuur nadat sy voorarm kontak gemaak het met die Saracens-plaasvervanger Nick Tompkins se gesig en nek.

Rugby365 berig die dissiplinêre komitee bestaande uit Dan White (Engeland), Frank Hadden (Skotland) en Marcello d’Orey (Portugal) het die rooikaart bekragtig en bevind die voorval van vuilspel was roekeloos.

Die komitee het Botha se erkenning van skuld en tydige uiting van berou in ag geneem en ’n skorsing van ses weke, soos voorgestel deur Wêreldrugby-regulasies, na drie weke verminder.

Die voormalige Bulle-speler mag weer op Maandag, 30 Desember na die speelveld terugkeer, terwyl hy die reg het om die komitee se besluit te appelleer.

* Intussen is Ospreys se Dan Evans vir vier weke geskors nadat hy Saterdag een van die vinnigste rooikaarte in die geskiedenis van beroepsrugby ontvang het.

Die heelagter is ná slegs 37 sekondes in sy span se Europese Kampioenebeker-nederlaag teen Racing 92 van die veld gestuur.

Evans het in die eerste minuut van die wedstryd gespring om ’n lugskop te bemeester toe sy stewel met die gesig van die Racing 92-vleuel Teddy Thomas kontak gemaak het.

Die linkerstewel van Evans, wat in 2009 twee toetse vir Wallis gespeel het, het volgens alle aanduidings per ongeluk met Thomas kontak gemaak. Die skeidsregter het egter beslis dit was roekeloos genoeg om ’n rooikaart te regverdig.

– Sportredaksie

Meer oor:  Dan Evans  |  Europese Kampioenebeker  |  Arno Botha  |  Vuilspel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.