Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-Bok CJ bedank as GW-breier

Skaars twee maande nadat die voormalige Springbok-stut CJ van der Linde as Griekwas se voorspelerafrigter aangestel is, het hy sy bedanking ingedien.

Die 38-jarige Van der Linde, wat die Springbokke in 75 toetse op stut verteenwoordig het, het op 1 November diens aanvaar by die Poubloues.

CJ van der Linde laat ’n Engelsman in die stof byt in 2007 in Bloemfontein. Foto: Getty Images

Dít nadat Brent Janse van Rensburg, wat voorheen saam met dié oud-Bok die Pumas afgerig het, as Griekwas se nuwe afrigter in Peter Engledow se plek aangestel is.

Van der Linde het hom Maandag weer in Kimberley aangemeld nadat hy Allister Coetzee se Canon Eagles in Japan sedert November as skrumkonsultant bygestaan het.

Arni van Rooyen, uitvoerende hoof van die Griekwaland-Wes Rugbyunie, het in ’n verklaring bevestig dat Van der Linde die unie in Maart sal verlaat.

“Hy het onlangs ’n aanbod by ’n oorsese span ontvang wat hy voel hy nie van die hand kan wys nie.”

Van der Linde sê hy is teleurgesteld om ná so ’n kort dienstyd te bedank.

“Dit maak my hartseer dat ek moet bedank voordat ek ’n geleentheid gehad het om met die groep spelers te werk. Hoewel dit ’n baie moeilike besluit was om te neem, was my familie se toekoms die bepalende faktor.”

Dit is bekend dat Van der Linde hoog aangeslaan word as skrumafrigter. Ná sy speeldae het hy die Franse klubspan Montpellier in dié aspek van die spel bygestaan, voordat hy die pos by die Pumas aanvaar het.

Van der Linde se vertrek bring mee dat die Poubloues se afrigting vir eers man-alleen deur Janse van Rensburg behartig sal moet word, aangesien ’n agterlynafrigter ook nog nie aangewys is nie.

“Dinge soos hierdie gebeur ongelukkig, ons sal vorentoe kyk en op die toekoms fokus. Ek is baie dankbaar dat hy ons twee tot drie maande se kennis gegee het voor sy vertrek,” sê Janse van Rensburg.

Volgens hom sal daar nie oorhaastig na ’n plaasvervanger gesoek word nie.

“Dit is belangrik om die regte mense te vind wat oor die regte vaardighede en persoonlikheid beskik, om ’n bydrae te lewer.”

Die Poubloues het Maandag ná die feestyd na die oefenveld teruggekeer.

Meer oor:  Bedank  |  Cj Van Der Linde  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.