Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-Bok Kayser se gewig agter OP o.20-span

Die oud-Springbok Deon Kayser is een van ’n paar kenners wat help om die Oostelike Provinsie se o.20-rugbyspan vir die komende seisoen te slyp.

Ryan Felix, die OP-Olifantjies se hoofafrigter, sê hy het Kayser gevra om na die spelers se vaardighede te kyk.

“Ek toets tans sowat 80 spelers se fiksheid. Deon, Alan Miles en Pedro Somerset help my om die spelers deur te kyk en te beoordeel,” sê Felix.

Deon Kayser, wat voorheen by die Haaie se Akademie as breier betrokke was. Foto: Gallo Images
Ryan Felix, die OP se o.20-afrigter. Foto: Michael Green

Kayser was voorheen as breier by die Haaie se Akademie betrokke en was ook ’n kandidaat om die OP se senior span te brei voordat Peter de Villiers aangestel is.

Miles is ’n voormalige rugbyhoof van Grey High en Somerset is die huidige afrigter van die OP se Cravenweekspan.

Felix sê hy gooi die net wyd uit om die beste span bymekaar te kry.

Hy gesels glo ook met kenners soos Elrich van Vuuren, ’n voormalige Southern Kings-heelagter en deesdae ’n onderwyser by die Hoërskool Despatch.

Barend Pieterse, ’n hulpafrigter van die Madibaz, en Felix het glo ook gereeld kontak oor studentespelers.

“Ek het nog nie amptelike hulpafrigters nie. Wie ook al deur die unie goedgekeur word, sal eers later aangestel word,” sê Felix.

Die o.20-reeks begin vroeg in Augustus. Felix hoop om voor dan proewe te hou en ’n paar vriendskaplike wedstryde te speel.

“Dis belangrik dat die juniors goed vaar en dat die spelers vir die unie behou word,” sê Felix.

Meer oor:  Deon Kayser  |  Port Elizabeth  |  Oud-Springbok  |  Oos-Kaap  |  Afrigter  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.