Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-Bok op kortlys vir OP-bestuurspos
Thando Manana / Foto: Argief

Die voormalige Springbok-losvoorspeler Thando Manana mik glo na dieselfde pos by die Oostelike Provinsie as die een waarvoor Brent Janse van Rensburg aansoek gedoen het.

Volgens ’n betroubare bron in die binnekringe van die OP Rugbyunie (Opru) is Manana ook op die kortlys vir die pos as die unie se hoofbestuurder.

André Rademan, president van Opru, het vroeër toegegee dat Janse van Rensburg, wat vandeesweek as afrigter van die Pumas bedank het, ’n kandidaat vir die pos is. Rademan wou nie die ander name op die kortlys verklap nie.

Dis egter geen geheim dat Manana daarna streef om meer by die unie betrokke te raak nie. Hy het al in die verlede as keurder vir van die junior spanne opgetree.

Hy was ook ’n groot teenstander van Cheeky Watson, die vorige president, en was verheug toe Watson bedank het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.