Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-Bok Pretorius help Hugo slyp

Die Pukke se kookwater-losskakel Schalk Hugo is leergierig en die oud-Bok André Pretorius is gretig om sy kennis met hom te deel.

Schalk Hugo jaag nog ’n skop deur die pale die afgelope Maandag teen Wits in Potchefstroom. Foto: Varsity Cup

So sê die 24-jarige Hugo, wat vanjaar met sy akkurate skopwerk en balverspreiding een van sy span se vernaamste wapens in die Varsitybeker-reeks is.

“Dit help my baie dat coach André (hulpafrigter van die Pukke) hier is. Hy help my baie en laat my met selfvertroue speel. Hy en die ander afrigters is oop as ons vrae het, en ek is juis iemand wat baie vrae vra,” sê Hugo.

Die 40-jarige Pretorius, wat die Bokke in 31 toetse in sy loopbaan verteenwoordig het, was in sy speeldae bekend as ’n skerpskutter wat selde nie die bal deur die pale gejaag het nie.

Maar dit was so hittete of Hugo, ’n oudleerling van Worcester Gimnasium, het nie ’n tuiste in Potchefstroom gevind nie.

Hy het geen beurs gehad om ná skool verder te studeer nie en was van plan om ’n Matie te word. Dit was toe dat sy skakelmaat by Pukke, Chriswill September, ingegryp het.

“Ek en Chriswill kom al van graad een af saam, toe ons in Worcester Primêr was. Ons was nie altyd die skakelpaar in die laerskool nie. Ek was soms skrumskakel en hy vleuel.

André Pretorius in aksie vir die Springbokke in 2007 in ’n toets teen Wallis in Cardiff. Foto: Getty Images

“Hy is egter na HTS Drostdy, maar ons het steeds in kontak gebly en hy het ’n beurs gekry om by die Pukke te studeer. Dit was hy wat gesê het ek moet ’n paar video’s stuur en hy sal kyk of hy ’n woordjie vir my kan doen,” sê Hugo, wat vanjaar sy nagraadse diploma in onderwys doen.

Hy het reeds in 2015 sy senior buiging vir die Luiperds gemaak en 268 punte in 38 wedstryde vir hulle aangeteken.

Volgens hom is harde werk een van die redes vir sy selfvertroue op die veld en ook sy goue skopvoet.

“Ek dink die sielkundige voorbereiding is belangrik. Die Bybel sê egter wat jy saai, sal jy maai en ek sit harde werk in. Harde werk gee my selfvertroue op die veld,” sê Hugo.

Hy erken dat hy groot drome droom om eendag ’n loopbaan as beroepspeler te hê, maar sê, “ek deel nie graag my drome nie”.

Meer oor:  Varsitybeker  |  Pukke  |  André Pretorius
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.